Titel: miskien more (Brons)
Deur Elmarie Nienaber Van Kampen
die stille bestek
van ‘n oumenslyf
vroeg reeds sit gemaak
by ‘n venster
met ‘n uitsig op die hek
die skuif van die dag se skadu’s
kogg’lend-weerkaatsend
oor ‘n verstilde gesiglandskap
‘n traannat kussing
kinderstem-eggo’s
‘n miskien more-versugting…
dít is verwagting
TEMAS
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Januarie 2021 – Verwagting/e-projek
Elmarie Nienaber Van Kampen
Dankie Anze.