Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: mis

Deur Tearlach
Datum gepubliseer: 14 Januarie 2020 Aantal woorde: 83 70 Kere gelees 1

haai mister
kô kyk hie

vroeë oggend mis
klaar vroeg reeds op
oor eensame strand
stap mosselvanger
sy plastieksak
oor sy skouer
onge-erg
stap hy los
stop – buk – en – oes

vas wit mossels my lanie
net wattie visse soe

hengel hart ruk
galjoen en sy maat
wink oor die baai
lyn en hoek
gebind met aas
wit mossel aas
garnale en rooi aas
wanneer laas
het jy vis gevang
laas vars vis gehad
anders as die keffie
se fies ‘n tjieps

©Teárlach




TEMAS

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 820
Kommentaar telling: 117

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 180 gaste aanlyn

Bydrae Totale