Eens het my hart aan jou behoort
dog stadig maar seker opgekerf
sny jou tong gewetenloos
meteoriet pyle deurdrenk is my siel
met klapperende gedruis
soos water wat kabbel oor klippies
oorvleuel jou meteoriet woorde
my binneste geruisloos
wanneer meteoriet lawa
van jou vuurspuwende berg
soos ‘n grou kombers oor my vou
en elke stukkie veragtelik uitmekaar brand
dreun die gedruis van woorde
wat versplinter in die klowe van my gehoor
soos ‘n haelstorm en donderweer
wat alles binne in my losbreek
gaan lê my liefde op die ashoop
soos kokende lawa en ophoop
en ‘n stadige ontploffing meebring
uit die aardkors van ‘n gewetenlose spel
27/01/2020
©Louisa van Vliet