Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: MEI 2019 Projek Uitslae en Kommentaar – INK MODERATOR

Deur Inkmoderator
Datum gepubliseer: 4 Junie 2019 Aantal woorde: 1448 220 Kere gelees 1

Beste INKers,

Gun my die geleentheid om dankie te sê die heerlike samesyn die afgelope jare. Hierdie is my laaste beoordeling voor ek die taak aan ‘n nuwe hand oorhandig.
Dit was altyd ‘n grootse voorreg om tussen julle werk te kuier, en op my gebroke manier te probeer bydrae tot julle ontwikkeling.
Ek wens elkeen van julle wat hier betrokke is die allerbeste.
Hier dan, my laaste bydrae:

Mei 2019 Projek

Wenners
*GEDIGTE
Brons: 1. Aalmoes kardoes – Palet
2. Bruin kardoes – Barbara Smit
3. Tong in die kies – Amanda de Meillon
Silwer: 1. Die lekker lewe – Estelle Rubow
2. Soos mis – Loretta Szikra
Goud: 1. Verskroeide land – Anzé Bezuidenhout
2. Lig uit die donker – Carma Shaw

*GORREL Geen

*ARTIKELS Geen

*RUBRIEKE Geen

*VERHALE
Brons: 1. Kaptein – Riaan Palmar
2. Bende bende – Ronnie
3. Nikkerbol herinneringe – Amanda
Silwer: 1. Opelug – Ronel Janse van Vuuren

GEDIGTE
1. Tong in die kies kardoes – Amanda de Meillon
Dit is ‘n heerlik ritmies vers waar die rympatroon in the laaste sin die gedig op ‘n besonderse klimaks laat eindig. Waak daarteen dat al jou sinne met hoofletters begin. Moderne digreëls vra vir hoofletters nét na uitgesoekte leestekens.
Werklike ‘n oulike gedig.

2. Aalmoes kardoes – Palet
Dit is ‘n besonderse gedig wat in beelde en kleur ‘n woordskone vers aanbied. Jy het die vers mooi gebou, oorweeg en lieflik aangebied. Ek is egter effe skepties oor die skuins streep as leesteken om jou eerste vers te sluit. Dalk was dit net ‘n vinger glips en gaan ek dit ignoreer. Dit is waarlik ‘n heerlike vers. Dankie.

3. Fiktiewe wêreld – Palet
Die tema in joune is politiek en die onderwerp is die Afrikaner se aanslag. Het kwansuis ‘n beduidende verskil gemaak in jou vers? Ek dink tog so. Dit speel nie werklik ‘n rol in die tema nie maar skep in myns insiens tog ‘n verandering in die toon.
Die sinne is egter baie lank op plekke wat die ritme vir my steurend maak.

4. Dagbreek – Caren Kearley
Ek dink jy het “kwansuis” op ‘n besondere wyse deel gemaak van jou gedig; in so ‘n mate dat dit die as word waarom jou vers ontwikkel tot ‘n fanfare in die slot. Let so bietjie op jou ritme keuse; daar is plekkies in die vers waar golf langer as nodig is. Die sin waarin die verteller haar hand uitsteek, byvoorbeeld, sê ritmegolf verskil van dié op ander plekke. Besonders en sterk. Welgedaan.

5. Kardoesma – Marietta McGrath
Interessante gedig. Is dit ‘n plooi om die kind skrik te maak, of ‘n metafoor? Ek is nie werklik seker nie. Die inhoud is effe lomp en omslagtig en dit dra by tot ‘n moontlike misverstande oor die inhoud. Interpretasie is egter ‘n klein deel van die somtotaal van versmaak, en kan ek jou dus nie penaliseer nét omdat ek nie werklik verstaan nie.
Ek hou van die storie-trant wat die vers aanneem, maar sukkel met herhaling en ‘n gebrek aan ‘n behoorlike ritme. Dankie vir jou deelname.

6. Hart van ‘n ma – Driekie Grobler
Die dubbelontkenning, in alle Afrikaanse skrywes is ‘n moet. Dit is ‘n spelreël wat gevolg moet word. Jou 2de en 3de strofes ontbreek beide aan die tweede “nie”.
Ek hou van die vers wat sterk eindig en ‘n besonders belangrike les leer.
Jou gedig spreek ‘n sosiale norm aan en is smaakvol aangebied.

7. Mengelmoes-menskardoes – Elna Kruger
Die vers is mooi ontwikkel, maar sinne is op plekke lank en lomp. Ek dink nie die uitdaging lê by woordoorbodigheid nie, maar eerder by die seer afwesigheid van leestekens. Die inhoud is té “swaar” vir ‘n enjambiese aanbieding. As die leser kon rus en besin, dink ek die inhoud kan ‘n groter impak hê. Jy kan dit maklik bewerkstellig deur ‘n paar komma’ s en aandagstrepe te gebruik. Dankie vir jou deelname.

8. Skakerings van onthou – Palet
Jou vers voldoen nie aan die voorskrifte van die projek nie.

9. My vriend – C. du Plessis (Amaspoke)
Hierdie vers behandel ‘n verhouding, wat op die koop toe reeds ‘n tameletjie kan wees. Dan, kyk die skrywer na onderliggende knelpunte wat die hindernisse kan veroorsaak. Dit maak die ondertone in die gedig swaar, wat opsigself nie onversmaakbaar is nie. In hierdie geval egter, moet mens waak teen die lang sinne en oorbodigheid van woorde. ‘n Swaar tema moet liggewig aan woorde wees, en dit is my persoonlike mening alleenlik, sodat die crux behandel kan word. Ek wonder of ek myself behoorlik verduidelik? Ek hoop so.
Ek dink die vers het baie potensiaal en kan met ‘n snoei in ‘n pragstuk omskep word.

10. Nota aan ‘n koel komkommer – Carma Shaw
Hierdie vers voldoen nie aan die projek voorskrifte nie.

11. Bruin kardoes – Barbara Smit
Ek vind die gedig heerlik ritmies en so ‘n fraksie sentimenteel. Heerlike onthou in hierdie kardoes van jou. Pragtig geskryf. Ek wonder tog of die metafore (wat ouderdom aandui) teen die einde, nie ‘n ander vorm kan aanneem nie? Die jeug en herinneringe word met lekkergoed beskryf en dan skielik spring die tema na blare, stof en natuur. Sou dit moontlik wees om metafore te ontwikkel wat in kontras met die lekkergoed ook in die smaak sintuie ervaar sou kon word? Ek wonder of jy hieroor kan dink en probeer sin maak uit my voorstel? Dankie vir jou deelname. Dit is ‘n treffer.

12. Paljas – Ronnie
Die reël aangaande die gebruik van die ellips soos volg: die ellips […] soos in die hakies, word streng direk ná, en streng voor die woord ingespan, met geen spasies nie. Die inhoud van die vers lees kripties en onsamehangend wat bydrae tot die titel en inhoud. Ek gaan my nie begewe op die gebied van interpretasie nie want ek het ‘n gevoel ek mag dalk klei trap. Ek dink die vers is kort, bondig en voldoende. Goeie poging.

13. Lig uit die donker – Carma Shaw
Ek wil my verbeel dat ek al voorheen hierdie vers onder oë gehad het? Of is dit bloot verbeelding? Dit is ‘n ongelooflike sterk vers op ‘n besonderse oorvertel trant. ‘n Storie-vers. Besonderse woordorde en ‘n knap samestelling. Mooi gedoen hier.

14. Verskroeide land – Anzé Bezuidenhout
Baie sterk vers met goeie metafore. Baie goeie poging.

15. Die lekker lewe – Estelle Rubow
Van al die inskrywings hierdie maand, is hierdie my gunsteling. Nie nét is dit intelligent verweef met die woordskatte van ‘n ou meester nie, die vers is fraai nostalgies, suiwer menslik, besonders aards en aangrypend tasbaar. ‘n Moderator moet waak teen gunstelinge, maar aangesien dit die laaste keer is wat ek die beoordeling waarneem, gun ek myself daardie verstouting.

16. Paljas – Annapatat
Kort, bondige vers. Maak seker die ( ‘n) kry sy hakie. Goeie poging.

17. Blou – Barbara Smit
Wil so by die afskop ‘n voorstel maak.
Sluit jou vers só af:
– slegs Hy bly getrou.
Dit help die rymstruktuur op die einde en sluit jou vers sterker.
Ek hou van die kort-sin aanbieding. Pragtige vers.

18. Soos mis – Loretta Szikra
“bedot
bedinges
bedenklik”
Hierdie gedeelte maak jou vers vir my uitstaan. Dit mag dalk nie akademies klink nie, en juis daarom is dit treffend. Ons almal praat soms in algemene verwysing. Jou vers is sterk en terselfde tyd ook aards. Goeie inskrywing.

19. ‘n Kardoesie vir vyf sent – Cornien Naude
Nostalgiese reis na gister. Jou vertelling is heerlik en ek kan sintuiglik daarby betrokke raak. Dankie vir jou inskrywing.

GORREL:
‘n Mengelmoes kasdoes – Palet
Ek gaan niks hieroor sê nie. Ek sal dit inligting deurgee aan Anzé dan kan sy dit vir jou per epos aanstuur.

Kommentaar – Ano
Touché.

Skeppende kuns – Palet
Jou hele skryfsel handel geensins oor die onderwerp nie. Om die kardoes teen die einde in te sleep as ‘n nagedagte maak dit nie geslaagd nie.

Houtbaai en sy hawe – Palet
Alhoewel baie interessant, het hierdie gorrel geen betrekking op die tema vir die projek nie.

‘n Perd van ‘n ander kleur – Palet
Geen betrekking op die tema nie.

ARTIKELS:
Moedertjie se dag – Ano
Dankie vir jou deelname

Wenke by die werk – Palet
Tema???

Die uitdaging – Palet
Tema???

RUBRIEKE:
Ons sal lewe ons sal sterwe – Kiekies
Tema???

Babas by doesyne – Ano
Tema???

VERHALE:
Bende bende – Ronnie
Baie interessant dat jy die ander definisie vir kardoes nageslaan en gebruik het. Heerlike verhaal. Baie dankie vir jou deelname.

Skimme in die nag – Palet
Dankie vir jou deelname

Nikkerbol herinneringe – Amanda
Heerlike storie.

Oud word is nie vir sussies nie – Amanda.
Lekker verhaal. Dankie vir jou deelname.

Kaptein – Riaan Palmer
Dit was ‘n heerlike leesverhaal. Skryf wat jy ken sê die kenners. Dit is altyd ‘n suksesvolle vertelling. Dankie vir jou deelname.

Kardoesie se transformasie – Lynne Lexow
Heerlike leesverhaal.

Opelug – Ronel Janse van Vuuren
Pragtige vonkverhaal

Poetsbakker – Ronel Janse van Vuuren
Dankie vir jou deelname.

Skryfgroete
Uitgaande IM




TEMAS
5 Kommentaar
  1. Anze

    5 Junie 2019

    Dit is met ‘n seer hart wat ons na hierdie kommentaar se inleiding kyk. Maar mens besef ook daar is ‘n tyd vir alles onder die son.

    Namens INK wil ons vir die uittredende moderator baie baie dankie se vir die jare se onbaatsugtige diens aan INK. Onder sy leiding is groot prestasies bereik.

    Darem is hierdie nie ‘n vaarwel nie maar net ‘n totsiens en ons kan net weer met dankbare harte dankie se vir alles en ook spesiaal vir die tonne geduld en takt wat hy aan die dag gele het met die INK-lede (sowel met die bestuur!).

  2. Estelle

    5 Junie 2019

    Baie dankie aan Ink Moderator vir jou positiewe en, vir my, baie aansporende kommentaar op my “Die lekker lewe” -versie! Ek is altyd geneig om te dink my skryfsels is maar net gemiddeld, daarom is ek so verras en uiters dankbaar vir elke toekenning en erkenning!

    Baie dankie vir jou harde en toegewyde werk oor die jare en voorspoed vir dit waarmee jy jouself besig hou.

    Mag ons nou maar weet wie was die Ink Moderator?

    • Anze

      5 Junie 2019

      Hahaha Estelle, daardie geheim van die Ink Moderators sal maar saam met ons graf toe gaan. Maar ek dink elkeen wat betrokke is sal weet dat dit slim, geleerde en bekwame mense is wat elke maand en ook deur die jaar julle werk beoordeel. Dankie Vader dis nie my werk nie want ek sal almal laat wen het.

  3. Ano

    6 Junie 2019

    Jou harde werk het beslis nie ongesiens verby gegaan nie, Wie Jy Ookal Is. Geniet die rus en ek hoop jy sal hiervandaan ook as lid deelneem.

    “Mag die Jirre jouse binneste roer
    en mag suffel goedgeit jou slat
    lat jy eintlik loep en skaam kry
    oor allie genade.”

    Groete en mooi loop <3

  4. Amanda

    12 Junie 2019

    Baie baie dankie vir jou insette. Ek kon heelwat leer en verbeter op my werke. Sterkte vorentoe.

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 28
Kommentaar telling: 126

Gebruikers Aanlyn

1 Lid, 75 gaste aanlyn

Bydrae Totale