Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Me myself and I

Deur Alet
Datum gepubliseer: 5 Julie 2018 Aantal woorde: 59 336 Kere gelees Hou van

Alliterasie,
assonansie
en vrye vers
is my wolkombers

ek is in my element
met enjambement
én rymskemas
kom handig te pas

maskers word getoor
in vergelyking en metafoor,
personifikasie en stylfiguur
afhangende van my gier

in retoriese vrae, taalgebruik,
strofes en clichè’s sal jy my vind
in vele kontraste en simboliek
word perspektief en stemming saamgebind

© Alet Enslin




TEMAS
10 Kommentaar
  1. Anze

    5 Julie 2018

    En hoe beskrywend mooi is dit nie!!! Pragtig Alet, onthou om al jou plasings met jou kopiereg teken en naam te merk

  2. Viooltjie

    5 Julie 2018

    Welgedaan, Alet 😊

  3. Francois Meyer

    5 Julie 2018

    Baie goeie woordspeling. Alet = poësie. Poësie = Alet ☺

  4. Callie Vermeulen

    5 Julie 2018

    Pragtig Alet… rym in woord en beeld.

  5. Pendoring beoordelaar 2

    6 Julie 2018

    Dit is nou poetry in motion.

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 12
Kommentaar telling: 38

Ek is 'n taalversorger by die Departement van Onderwys gesetel in Bloemfontein. Ek lief om te dig en op hierdie manier gee ek uiting aan my kreatiwiteit

Gebruikers Aanlyn

4 Lede, 103 gaste aanlyn

Bydrae Totale