Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: MASKOPPAS

Deur GhwarriegatQueen
Datum gepubliseer: 5 Junie 2019 Aantal woorde: 552 205 Kere gelees 1

MASKOPPAS

Ek sit hier in my enigheid en dink sommer aan ‘n klomp goeters wat verby is, maar nog nie klaar is nie en…en skielik is ek so lus vir maskoppas jy kan met my ‘n afdraande spook by ‘n HipHopkonsert teel. Maskoppas – ek’t dit so baie se baie in my straatslaapdae (of per dalks moet ek se nagte) geëet. Vir ‘n blink eenrandstuk kry mens ‘n ‘n pakkie cheese snacks of ‘n pakkie maskoppas – die swartmense se naamgee vir popcorn. ‘n Hele pakkie vol kleur waarmee mens kan faikonta!……. Sommer net.
Stukkies kleur wat vingervolg teen jou hart se soekende mure; spatsels BLOU. Laya se oë; ogies wat daai doodgaannag bitterlank aan my vasgklou het voor….. voor Klaasvakie gewen het, ‘sag op haar blou oë daal die vaak’ en toe word my dogtertjie nie weer wakker nie……. ‘Wat is die slaap ‘n wondersoete ding’….
IntensGROEN soos Monja se oë. Ondeundheid en erns kon van statig Ballroom tot toetentaal stuitig sommer die askoektrap in daai twee mooi oë van my kind.
……… GROEN . Elsa Malan se besonderse twee oë wat jy wil saamvat….. Hetetjie Peet; waar val ekke nou uit?
ROOI. Rooi, Bokkie my babie. Rooi soos daai BC-days se Satynlakens, soos die einamaak draak se versteurde lyf in en oor my dogtertjie-lyfie. Wesley se rooibloed. Red red wine; ‘n rooiroos in die hande van my man.
Of GEEL…… Goudgeel magrietjies. Geel Sunsparkle biscuits se wegkruiptukkies. ‘n Geel vlieër wat tog eers so vreeslikbaie hoooog kon vlieg dat dit vir die engeltjies in Meneer en Hero se Hemel kon oogknip.
En geel soos klein Bas se krulle. Groen, ‘n strik in Mildrid (die Hemel se eie persoonlike melkkoei) se parmantige kuif. Soos Liewe Jesus en Meneer se eie, persoonlik Huis se gras……. ORANJEn geel soos klein Bas se krulle. Groen, ‘n strik in Mildrid (die Hemel se eie persoonlike melkkoei) se parmantige kuif. Soos Liewe Jesus en Meneer se eie, persoonlik Huis se gras……. ORANJE.
Oranje soos die sonprinses se trourok. En die passiemaak van die vlamme se vuurgloed in ‘n kaggel; ‘Love me tender’ ….. Die vlam van ‘n kers; soos ek snags na jou soek…. Nog ‘n groene.
En ‘n bloue – soos die duetspel van die see ( Blikkiesdorp se Damenskoor – ek mis die ou Kaap met sy berg en see) se baie water. Partykere dan, Bokkie my babie, dan het die geheimeleer van God se groot see ‘n helder lig uitgegooi in sy twee donker oë. ‘n Lig wat onverskrokke deur my hart se bangeina vestings gespat het. Gebreek het en credo en pleidooi van my vrouwees gehighlight het met ultramaryn en kobalt. Met ‘n liefde wat hy uit Hout geskeur het. ‘n Passievolle afskryfnota geskryf met ‘n bloedsplinter.
.… Stop. Oukay, Bokkie my babie – herbelê en wen hom weer, al het die Perm nie meer sy, eie persoonlike Blouboek nie. Ek weet ek’s nie mooi reg wys nie; maar hou duim vas dat ek tog eendag se windverflenterde anderdag per dalks normaal sal wees en nie so verkeerdom regom soos nou nie. Per dalks…. moet seblief net nie jou dagwerk daarop verwed nie. Die hoop, dink ek, beskaam in hierdie geval so halfies. Net so halfies.

Kyk mooi na jouself, liewe Bokkie my babie; en mag die lewe vandag vir jou propvol skaterlag-mooi oomblikke wees.
©Liza Daniells




TEMAS

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 65
Kommentaar telling: 20

Vergun my net so n skeutjie se agtergrond; seblief - Ek sal dit kort hou. Ek was vir 26 jaar (van ouderdom 8 jaar) vasgevang in prostitusie, delms, satanisme; ens. Ek sal jou nie opsaal met die detail nie. Ek is nou al 21 jaar deur God se genade vrygemaak van daai boeie van die verlede; maar ek ervaar steeds baie vervolging en verwerping van kerk en Establishment. En - verloor om n laaang storie kort te maak, ek het net mooi ALS - letterlik en figuurlik verloor. Hoeveel maal in die winter moes ek fisies op straat slaap; enne is nou een keer gegangrape......nou sit ek met serviks kanker. Maar dis nie die punt nie. Nie nou nie, in elk geval. Ek wil nie chemo of n hospitaalbed he nie. Ek wil weer die seesand onder my voete voel; die see sien. Ek is onherroeplik mal vir die see; vir mooi, ou Kaapland. Ek wil waag om te glo in die gebeur van n wonderwerk. Weer geluk vind; liefde. Ek wil LEWE!!!

Gebruikers Aanlyn

2 Lede, 129 gaste aanlyn

Bydrae Totale