Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Maskers

Deur Woordsmous
Datum gepubliseer: 8 Februarie 2019 Aantal woorde: 73 350 Kere gelees 2

Jou oë wat skitter
is net lig wat weerkaats
van die trane
wat diep in jou siel
oor ‘n stukkende hart spoel
en skuil agter maskers
wat vrolik kan glimlag
om dié wat net kyk
en nie sien nie
te flous en te paai
as die lig voor
die skaduwee wyk
en die donker
jou hart in sy
ysvingers vat
en jou oë
laat verdof
as jy soek
na die
pad…

© Anton Bosch 08/02/2019




TEMAS
1 Kommentaar
  1. See-Jay-El

    9 Februarie 2019

    Hierdie is ‘n ontnugterende stuk werk. Mens kan nie anders as om stomgeslaan terug te staan en die realiteit van hierdie woorde te verwerk nie. Dit beskryf die ongelooflike harseer en pyn van iemand agter die “glinser” en glimlag. Vertel van hoe maklik almal om die persoon “gepaai en geflous” kan word.
    Die masker is ‘n donker wegkruipplek vir die persoon se seer, maar dit voorkom ook dat lig die donkerte kan inkom. ‘n Somber beeld wat die persoon amper afsluit van enige hoop.
    Maar is daar hoop in hierdie donker maskerwêreld?
    Ja die persoon “soek na die pad…” ‘n Pad lei altyd na ‘n nuwe plek. Die persoon weet daar is ‘n pad, want sy soek daarna. Haar vasberadenheid om dit te vind is die sleutel tot vrywording, daarom die ellips aan die einde. Die besluit en uitkoms berus op haar reaksie.
    Anders as meeste van die skrywer se ander werke wat positief groei, is dit omgekeer hier. Dit begin met die lig wat buite sigbaar is en dan verdof van binne, maar loop uit op ‘n nou punt wat miskien die begin van ‘n nuwe lewe kan wees.
    Briljant, al is dit donker spreek dit tot elke mens wat die hartseer ken, maar gee ook rigting.

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 110
Kommentaar telling: 43

Ek is 'n gebore Boerseun uit die ou Wes-Transvaal. Alhoewel ek die afgelope twaalf jaar in Ierland woon is ek steeds in murg en been en bloed 'n Afrikaner. Weens die liefde vir my taal het ek die pen opgeneem en dig hoofsaaklik in my Afrikaans. Ek is maar 'n groentjie in die digwêreld, het nog nooit 'n bundel gepubliseer nie, maar my passie vir Afrikaans sal sorg dat ek die pen nie weer neerlê voor ek my kop in finale rus neerlê nie. So, tot dan smous ek maar met my woorde...

Gebruikers Aanlyn

1 Lid, 119 gaste aanlyn

Bydrae Totale