Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: mantel

Deur Tearlach
Datum gepubliseer: 23 Junie 2019 Aantal woorde: 74 111 Kere gelees 2

die wolkies bloos vanoggend oor my duin
rooskleurige oggend glorie van eerstelig
êrens kwiek en kwak ‘n fisant sy kinders
oral ontwaak die veld en mense uit huise

voor duine lê mistigheid nog grys en vlak
agter die duine sweef meeue soekend sag
oor goue myl rol bande oppad na winkels
of dalk na die gemeenskaplike aanbidding

oorkant die baai steek wit spitse van sneeu
soos ‘n mantel geverf oor blou bergreekse

©Teárlach




TEMAS

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 584
Kommentaar telling: 82

Gebruikers Aanlyn

1 Lid, 98 gaste aanlyn

Bydrae Totale