Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: mannekyn

Deur Gerda-Marié
Datum gepubliseer: 9 Mei 2019 Aantal woorde: 60 452 Kere gelees 3

mannekyn

vlees teenwoordig
lewende gees dwaal oor verlate plekke
pilverdoof, geesgebroke
as gesondheid ontbreek
planne van roem pooitjie
wat is bestaansreg dan?

stoflike genade uitgegiet nietemin
‘n iemand of twee wat omgee, koester
iewers ‘n hiervandaankomplek
‘n behoortplek
ondanks leemtes
deur bloed en belofte

mag nalatenskap iewers vastrapplek kry
iewers tussen die wasems ‘n tuiste vind

© Gerda-Marie van Rooyen, Mei 2019




TEMAS

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 12
Kommentaar telling: 0

Gebruikers Aanlyn

1 Lid, 111 gaste aanlyn

Bydrae Totale