Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: MAAR EK SAL KRAG ONTVANG

Deur Margaret Cordier
Datum gepubliseer: 21 Mei 2019 Aantal woorde: 91 162 Kere gelees 3

wanneer my woorde wegraak
in dieptes dae lank verlore –
die bodems van denke my versaak
in vryval, die hoop my verlaat.

wanneer skares voor my opstaan
en argumente flitsend
swaarde voor my swaai,
misverstande versteek lê
onder waarheid krom verdraai.

Wanneer vrees se wrede winde
aan my siel kom ruk,
die teistering van die ongekende
nagsweet in my bloed verstik…

sal ek krag ontvang deur lig –
in gietnagte se géselende gesug,
soos meeue opwaarts klaar in vlug
oor branders se wegwas
van wier; van baar en as.

MCDb.




TEMAS

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 31
Kommentaar telling: 18

Ek bly in die Waterberge en is baie lief vir alle vorme van kuns. Vir my gee die skryf van gedigte; prosa; sketse en dies meer, die geleentheid om my diepste belewenisse en waarnemings neer te pen en te deel met lesers.

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 74 gaste aanlyn

Bydrae Totale