Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Maandag skryf ek ’n blouvers

Deur Viooltjie
Datum gepubliseer: 12 Desember 2019 Aantal woorde: 126 183 Kere gelees 4

Gister was jou oë
my oneindigheid in blou
maar vandag, my lief
breek die wolke soos wit branders
deur elke traan gestort oor jou.

Die windswaels het verbygevlieg
soheentoe en terug
maar vandag, my lief, vandág
is hul na elders aan die vlug.

En dit is skamel woorde
’n klein versie wat ek rym
maar ek wens, ek wens, ek wens, my lief
jy was vir altyd myn’.

Ja, dit is maar min woorde
sulke bietjies, bietjies taal
maar ek wens, ek wens, ek wens, my lief
dat jy my eendag weer kom haal.

Want gister was jou oë
my weg tot binne jou
maar nou, my lief, maar nou
breek die wolke soos wit branders;
skryf ek ’n Maandagvers in blou.

© Carma Shaw
9 Desember 2019
4:25




TEMAS

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 382
Kommentaar telling: 935

Ek skryf grotendeels gedigte vir ontspanning. Ek skryf graag oor die natuur, mense en hul stories en plekke wat ek besoek het. Ek doen dikwels 'n bietjie navorsing oor 'n onderwerp voor ek skryf, want ek geniet dit om te leer. Ek hoop altyd om darem 'n emosie of twee wakker te maak met dit wat ek te sê het, en dat julle lekker saam sal lees :-)

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 238 gaste aanlyn

Bydrae Totale