Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker
Taal waarskuwing*

Titel: Ma Wees

Deur Wilfred Funchal
Datum gepubliseer: 11 Mei 2019 Aantal woorde: 541 203 Kere gelees 6

Ma Wees!?
Soms is niks goed genoeg nie, soms is heeltemal teveel nie eens goed genoeg nie. Ek sit en wonder, hoeveel vrouens (ek bedoel ons praat van ma’s) voel vandag, more is dit moedersdag en ek is nie genoeg nie, nie goed genoeg nie, nie mooi genoeg nie, nie maer genoeg nie, nie ryk genoeg nie, nie eerlik genoeg, nie God’s-dienstig genoeg nie, nie huisvrou genoeg nie, nie hardwerkend genoeg nie………ek kan aangaan met die lys vir bladsye. Die punt is, is jy goed genoeg of wanneer is genoeg dan genoeg of reg. Wat vir een genoeg is is vir ‘n volgende te veel of te min.
Hoe sal ons dan weet of oordeel of dalk ‘n lyn trek en sê, hier is die regte genoeg. Dit is wat my laat wonder het. Ek is oortuig dat ‘n baie groot persentasie van kinders sal op ‘n gegewe stadium sê, ek het die beste ma, dieselde kinders of van hulle sal op ‘n volgende stadium sê, sy (my ma) is nie goed genoeg nie of sleg, dieselfde of van hulle sal weer op ‘n volgende stadium sê, sy is veseker die beste of ‘n goeie ma. ( Dalk te laat sê, sy was tog ‘n goeie ma) Die punt is, hoe sal hulle weet, hulle het net een ma en wie of wat sy ookal is was of kon gewees het, God het dit goed gedink om die kind aan haar toe te vertrou. Nie een, se goed of beste is dieselfde as ‘n ander een nie.
Dus wil ek graag die volgende sê, (my opinie) ongeag wat ek dink, ongeag wat jy dink, ongeag wat- watter kind dink, God weet dat elke mens, net ‘n mens is, en dat een klein, klein fout of sonde nie groter is as die grootste, grootste fout of sonde wat ek of jy gemaak het nie. Daarom het hy Sy Seun, Christus vir ons getuur om mens te word en die grootste, duurste prys te betaal vir wat ookal ek of jy gedoen het, maar, meer as dit, kon ons Vader in die hemel Sy Seun op enige ander wonderwerklike manier gestuur het, maar, Hy het nie , hy het ‘n moerder gekies………………………….
Hoe sou sy voel toe sy Christus op die kruis sien hang het, waar het sy gefaal……..nee dit was tot vir haar en my en jou sondes, nie een van ons is volmaak nie, almal elke liewe ma daarbuite is goed genoeg, al is jou genoeg hoe ongelooflik klein, jy is genoeg en as jy aanvaar dat jy genoeg is en weet dat dieselfde Christus wat vir my sondes gesterf het, het ook vir elke ma en elke liewe kind gesterf.
Ma’s, ma wees, is nie sommer net nie , dis deur God gegee, dis jou geskenk van God en genade. Kinders! Hoe ookal, wat ookal, eer jou Moeder (en jou vader) sy jou ma is genoeg al dink jy nie so nie, God het so gedink en gedoen……
Ek sou graag wou het dat die ma’s daarbuite ongeag more spesiaal en geseënd sal voel en wees, ons is almal net mense, deur dieselfde God geskape………ongeag.
Dus Jy is genoeg! Glo dit!
Kopiereg @ Wilfred(willy)Funchal.




TEMAS
1 Kommentaar
  1. Ano

    28 Mei 2019

    So ‘n bek moet mos jem kry!

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 16
Kommentaar telling: 0

Gebruikers Aanlyn

1 Lid, 104 gaste aanlyn

Bydrae Totale