Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: luisterpos

Deur Tearlach
Datum gepubliseer: 29 September 2020 Aantal woorde: 110 46 Kere gelees 4

ver bo op ‘n klip krans
is daar ‘n holte in ‘n skeur
sitplek vir net drie mense
verberg van meeste oë

bedags word die grens bespied
snags is dit ‘n luister pos vir beweging
beweging van onwettige insypelaars
wat snags oor die grens wil sluip

daar gelaat vir drie dae tot ‘n week
met net droë rantsoene en skraps water
dit was gereeld een proses toegepas
om ons land se grense te bewaak

vandag lê die grense al jare lank oop
grens wagte rinkink en brasier elke nag
pap en vleis saam met ‘n rantsoen bier
salig onbewus van die miljoene

©Teárlach
(Brasier – om ‘n konka vuur sit)




TEMAS

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 970
Kommentaar telling: 132

Gebruikers Aanlyn

2 Lede, 79 gaste aanlyn

Bydrae Totale