Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Lola en die Denneboom Prins

Deur Lila Bloeisels
Datum gepubliseer: 30 Oktober 2019 Aantal woorde: 2160 53 Kere gelees 2

“Almal se penne neer, die tyd is verstreke!” Laat weet meneer Le Roux. Ons almal sit ons penne neer en vinnig word die eksamen antwoorde opgeneem.
Wat ‘n verligting, nou kan ek gaan rus. Was so benoud oor hierdie vraestel, maar gelukkig was dit glad nie so moeilik nie.
Ek neem my sak en stap uit die eksamenlokaal. Ek kan aan al die studente se stemme hoor dat die vraestel maklik was, hulle praat hard. Hulle drom in groepies saam om dit te bespreek. Ek gaan liewer terug koshuiskamer toe.
Oppad dink ek om gou by meneer Le Roux se kantoor in te loer en te spog omdat ek die vraestel so vinnig deurgedraf het. Hy sal seker baie ingenome wees daarmee.
Toe ek by die groot glasdeure van die akademiese gebou instap, glip ‘n aantreklike man net voor my by die deur in. Ek het spontaan agter sy manlike geur aangeloop. Hy hang sy besoekers kaartjie om sy nek. Ek kon nie sy gesig gesien het nie, die baard en blink gekamde hare, goed versorg. Ek was dadelik aangetrokke tot hom.
Sy hoed is in sy hand en sy leersak oor sy breë skouer. Mens kan sien dat hier, geoefen word. Die manlike reuk bedwelm my. Ek voel soos ‘n parmantige by voor blomseisoen. Ek wil my hand uitsteek en aan sy rug raak toe hy vinnig omdraai. Ek skrik en trek my asem in. Ons oë ontmoet vlugtig en hy groet baie beleefd. Ek knik net en kan geen woord uitkry nie. Wat ‘n mooi man! Hy is ‘n asem wegslaanman en woorde sal in geen meisiekind se mond kan vorm nie. Hy is die wow-faktor.
“Juffrou, juffrou, kan ek jou help?” vra die ontvangsdame.
“Ummm … jammer, ek wil graag na professor Le Roux se kantoor toe gaan, asseblief,” piep my stem. Heserig bedank ek haar. Die mooi man het ‘n invloed op my stem. Ek maak toe keel skoon.
Die dame oorhandig my kaartjie en ek teken in. Ek stap hysbak se kant toe. Ek hoop eintlik dat die mooi man weg is, want my bene bewe van opgewondenheid. Ongelukkig staan hy met sy vinger op die knoppie. Hy wag duidelik vir my. Ek glimlag en stap in.
“Nommer?” vra hy.
“Nommer 12, dankie.”
Die deur gaan toe. Dis net ek en hy. Ek dink aan ‘n prins op ‘n wit perd. Van nou af is sy naam Prins. My Prins.
Die soet manlike reuk van vars woudblare, hang in die hysbak en nou raak ek eers bedwelmd. Ek sweef. Ek huiwer om langs hom te staan, tree toe maar terug tot in die verste hoek van die hysbak.
Ek kyk op na die nommers en maak of ek hom nie raaksien nie. ‘n Gewone hysbaksiel wat wag om af te klim. Maar, sy aura doen dit absoluut vir my. Nommer 12 is nog ver met die ou hysbak.
Ek voel sy asem in my nek en my gesig word rooiwarm.
Hoe gaan ek dit maak tot 12 sonder om flou te word?
En toe gebeur dit, die hysbak is tussen vloer sewe en agt. Ineens is daar geen beweging nie; ons staan stil. “Is dit ‘n besturing?”
My brein werk oortyd. Agter my staan ‘n aantreklike man met die mooiste glimlag. En daardie baard! Ek besluit op ‘n bietjie toneelspel.
Met ‘n paniekerige uitdrukking en pieringoë draai ek om.
My hero, wat nou? Vra my diepbinneste.
Ek kyk in sy blou oë en my toneelspel verkrummel. My woorde speel wegkruipertjie in my mond.
Hy kon seker sien dat hierdie meisie nou enige tyd ‘n paniekaanval gaan kry, maar eintlik is ek so verlief op hom dat ek geen woord kan uitkry nie. My gedagtes was skaars koud toe gebeur daar nog ‘n wonderwerk!
Die volgende oomblik gee die hysbak een laaste ruk en km dan tot stilstand. Ons is in donkerte gehul. Hy gryp na my en ek na hom. Ons is in mekaar se arms. My asem jaag. Die noodligte gaan aan en hy los my vinnig, druk dan die noodklokkie.
“Is alles reg? Het iemand seergekry? vra ‘n man benoud?
“Ons is reg!” antwoord my prins.
“Nou goed, die span werk hierbo aan die kabels, ons vra groot om verskoning. Julle sal veilig wees, gee ons net ‘n paar minute.
Ek voel hoe my prins na my kant toe kyk. Hoe gaan hy die situasie hanteer?
“Dankie tog,” sê hy.
Ek gaan sit plat op die vloer, bene gekruis. Toe ek weer sien, sit hy langs my. Hy skud glimlaggend sy kop. Sy skouer druk teen myne. Ek glimlag skeef.
“Aangename kennis, Jacques du Randt.”
Hy steek sy hand uit en ek neem dit.
“Lola.”
“Lola wie?”
“Askies, Lola MacKintosh, Skotse bloed.”
“Verbeel ek my, of is ek en jy vir die volgende rukkie vasgevang in mekaar se geselskap?” vra Jacques.
“Ja, lyk my so.,” Ek trek my mond op ‘n plooi.
Na ‘n paar minute stilte praat hy.
“So, sê my wat studeer jy en waar woon jy?”
Ek glimlag, haal diep asem. “Ek, ek studeer Sielkunde en ek woon in Sterrewag dameskoshuis.”
“Wonderlik, so jy is ‘n Sterretjie? Ken jy vir Anine?” Sy is my niggie wat ook hier studeer.”
“Ja, ek is al vir drie jaar ‘n Sterretjie en nee, ongelukkig ken ek haar nie, daar is baie meisies.”
Hy knik en glimlag vir my. Ek glimlag terug. Dit voel of ek hom al jare lank ken, hy is so rustig.
“Waar vandaan is jy, waar was jy op skool?”
“Waar sal ek begin. Jacques, ek is van Llandudno in Kaapstad. Ek is die enigste kind van ‘n bekende sielkundige in die Kaapstad. Hy is van Skotse afkoms. Ons woon al my hele lewe lank in Kaapstad, ek maak keel skoon. “Dit is ‘n wonderlike dorp hierdie, wat dink jy? Wat studeer jy? Ek het jou nog nooit hier gesien nie en ek is nou finale jaar.”
“Ek wil jou nie verveel met my storie nie, ek hou daarvan om meer oor ander mense se dinge te hoor.”
“Nee-nee, elkeen van ons kry ‘n beurt, sê my nou, wat studeer jy?” vra ek en staar net na hom.
Ek weet ek moet nou alles van hierdie uiters aantreklike prins uitvind voor hy verdwyn. Voordat al my sterre soos reën op die harde droeë grond gaan neerval en ek hom dalk nie weer sal sien nie. Nee wag, hy is klassiek en so ‘n man kom nie elke dag by ‘n pop soos ek verby nie. Iets sê vir my om hom nie te laat gaan nie en ek moet hom nou beïndruk.
“Ek studeer vir ‘n landskapsargitek. Ek is in my eerste jaar. Nie so gelukkig soos jy nie, maar ek moes na skool eers hard werk op my pa se plaas. Die plaas is in Sabie en ons boer met bome.”
Ek lag hardop. “Met bome?”
“Ja, ons besit ‘n houtkappery, in die denneboom plantasie. Ons plaas lewer ‘n hele paar ton bome per jaar. Ek help met alles op die plaas, ook tydens bosbrande, ons grootste vyand. Ons het ‘n 4×4-roete wat ek meestal behartig, maar nou wil ek studeer. Mens kry nie kans om weg te kom van die plaas af nie. Ek moes my pa smeek om te studeer, want my twee broers is nog te jonk om op die plaas te werk. Ek moet jou sê, ek geniet dit hier. Die studentelewe is lekker.”
Ek glimlag en voel of ek hom kan vasdruk en hom koester soos ‘n moederhen, maar ek doen dit nie. Hy praat so sag en ek kan vir ure na hom luister. Hy is goed groot gemaak en nou wil ek hom hê.
“Gee my jou hand,” sê ek.
“Nee, hoekom?”
“Ek wil sien hoe jou lewenslyne loop, dalk wag daar ‘n fantastiese toekoms op jou!”
Ek neem sy hand. Hy is gretig, maar versigtig. Sy oë soek myne. Sy hande voel goed in myne ek kan hulle opsoen.
Dit is toe dat die hysbak weer ruk. Ons val bo-op mekaar en toe los ek sy hand.
Die hysbak beweeg vinnig op na die boonste verdieping. Op die 18de vloer stop dit. Daar is ‘n paar sekondes van stilte. Die deur gaan nie oop nie. Dan beweeg die hysbak weer af ondertoe.
Ek gryp na Jacques. Ek is nou vreeslik benoud en die betowering van vroeër het verdwyn. Dit is nou ons lewens wat hiervan afhang.
“Is jy oukei, Lola?”
Ek kry geen woord uit nie. Die hysbak stop op die grondvloer en die deur gaan oop. Ons staan dadelik op. Jacques gryp my hand en ons is dadelik op ons voete en met twee vinnige tree by die deur uit.
Daar is ’n samedromming van mense wat hande klap.
“Het julle seergekry?” kom dit gelyk uit ’n hele paar kele.
‘n Meisie trek aan Jacques se arm, dan omhels sy hom. Sy lyk baie bekommerd. Ek en Jacques kyk verstom na mekaar.
“My liewe Jacques, is jy oukei?”
Sy sien my nie eers raak nie. Jacques se arms hang steeds slap langs sy sye.
My hart wil gaan staan. Sy het hom steeds aan die arm beet en hy verdwyn noodgedwonge saam met haar en nog ’n paar meisies. Die laaste wat ek sien, is sy arm om haar parmantige perdebylyfie.
Ek voel skielik eensaam. Ek bly staan waar hy my gelos het en staar hom agterna. Ek weet dat perdebye broodnodig in die natuur is, maar wat is haar nodigheid nou hier?
Iemand stamp aan my.
“Juffrou, is jy oukei?” vra ‘n man met ‘n oorpak aan.
“Ja, ja ek is fine.”
Ek stap terug koshuis toe sonder om met my professor te gaan gesels, te bang die hysbak sit weer vas.
Wat het nou-net gebeur? Een oomblik verlief en netso weg. Jacques het ‘n meisie of dalk is sy, sy niggie? Ek skud my kop. Die wonderlike verliefdheid op my Denneboomprins was vir ’n kort rukkie myne, maar ek mag dit nie hê nie. Ek voel teneergedruk en hartseer.
‘n Paar weke later word ek wakker in ons plaashuis in Sabie. Ons is op vakansie. Ek verlang na my Denneboom prins. Ek wonder wat maak hy nou? Ek hoop om hom weer te sien as ek terug gaan Stellenbosch toe. Daardie vyftien minute in die hysbak het soos ‘n liefdesleeftyd gevoel.
My gedagtes word vinnig beëindig toe ek my pa hoor af hardloop in die gang en hy maak almal wakker.
“Brand! Uit die huis uit, nou! skreeu hy baie benoud.
Ek trek vining aan en prop gou ‘n paar besittings in ‘n sak.
Daar is reeds heelwat mense wat voor ons huis in groepe saamdrom waarvandaan ons na ’n veiliger plek sal gaan. My ouers roep na my en saam stap ons hoër op waar dit veilig is. Ek hoor die gedreun van helikopters, sirenes en opgewonde mensestemme.
Ek verloor my ouers oppad. Benoud soek ek na hulle, maar ek kyk nie waar ek loop nie. My voet gly, ek probeer keer, maar ek val te vinnig. Ek roep nodeloos uit na my pa. Ek val op die grond neer en begin van die berg afrol. My kop stamp teen ‘n klip dat die bloed spat. Ek proe grond. My hele liggaam kan nie stop nie. Ek keer en probeer takke en bosse vang om my val te keer, maar dit is net te steil. Nou rol ek en val en dit voel of ek uit mekaar uit gaan breek. Ek land onder in die vallei naby die rivier. So lê ek daar op my maag.
Ek maak my oë op skrefies oop. Ek spoeg die grond uit my mond uit en gryp my pynende kop vas. Daar is bloed teen my hand. My bene brand. Ek probeer fokus, maar kan niks voor my sien nie. Die rookmis is so dig en ek hoes soos ‘n roker.
“Lola, Lola!” hoor ek ‘n mansstem uit die rookmis na my roep.
Ek gryp ‘n boomwortel vas vir ondersteuning. Ek probeer uitroep, maar my stem klink hees.
Daar roep hy weer. Die stem klink bekend.
Ek voel ineens veilig. ‘n Gevoel wat ek ’n paar weke gelede gehad het saam met my prins.
Ek hou my hand voor my oë om die skerp lig van die flits af te weer. Die figuur wat van ‘n brandweerman is sigbaar. Ja, die groot oorpak en hoed kan ek duidelik sien. Ek voel kwesbaar en wil in hierdie man se arms val om my te red. My lyf is so seer, maar ek hou van toneelspeel. Ek maak my oë toe. Hy tel my op en my hare se rekkie gaan los.
“Lola, my mooi Lola, hier is ek nou, by jou. Moenie bang wees nie,” sê Jacques sag en vee my gesig skoon, “dit was nou toevallig dat ek vandag aan diens moes wees met bosbrand.”
Ek glimlag en sê, “Jacques du Randt, jy is die aantreklikste brandweerman in Sabie!”




TEMAS

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 14
Kommentaar telling: 2

Ek hou baie van stories skryf, want stories neem jou na 'n ander wêreld. Geniet dit.

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 70 gaste aanlyn

Bydrae Totale