Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Loflied aan my pen

Deur morne du preez
Datum gepubliseer: 20 Junie 2019 Aantal woorde: 108 100 Kere gelees Hou van

”Gedog sou minder skryf”
maar die woorde bly lag en lag
binne my,hulle sê:
wat minder skryf?

ek val in my gedagtes rond
struikel oor my eie tong
wat homself as ‘n slang vermom
my weer insluk en uitspoeg

‘n woordekamp vol terroriste
ontlooide plofbare lettergrepe
akutus en aksente soos vente
se greep om my aksentueer

‘n swetterjoel aangehits,
gepoets,gepaai(de),lawaai
wat my brein ontlaai
knaende kwetsing sonder slaap

onaangeraak soos ‘n naakte
skaap,somber brommer,
skaak en dageraad
volmaak, volgraan, woordesaad

ontkiem ‘n held ‘n gek
die ek wat aanhou ek
en in die blyspel
bly ek verlief op woorde_(gek).

©morné du preez




TEMAS
2 Kommentaar
  1. morne du preez

    20 Junie 2019

    jammer probeer die foute korrekteer #homself en #slaap

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 41
Kommentaar telling: 22

n dromerkind van oud nuut in skryfkuns maar die woorde hou my snags wakker,kunstenaar. Leser,loper advontuurus,hengelaar. ek hou my asem op om die hemel te kan vind waar ek nie anders is nie maar een wat nie anders is as ek myself nie.

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 42 gaste aanlyn

Bydrae Totale