Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Living the life – Rapsong

Deur Jessica Venter
Datum gepubliseer: 9 Julie 2018 Aantal woorde: 208 177 Kere gelees 1

living the life
van ‘n rich man’s wife
sy dink geld kan als koop
as sy oor almal loop

daai lady met ha fensie kar
so blink soos die morning star
waar sy om die draai race
make-up gepleisterde face
gucci handsak op die seat
high heels aan ha feet
botox in haar lips
no more chocolates vir ha hips

sy was ‘n plain jane
armgat van matjiesfontein
society se clown
weg is die girl van downtown

g’n take aways vir haar
slegs high class bar
duur restaurants is genoeg
na heeldag se swoeg
van loop in die shops
opsoek na piepklein tops
om haar fake boobs af te show
haar hals way to low

sy was ‘n plain jane
armgat van matjiesfontein
society se clown
weg is die girl van downtown

stywe jeans oor haar ass
daai lady dink sy’t class
sy dra net designer klere
vir ander voel sy vere
met gebleikte hare
lyk sy deur die blare
for goodness sake
sy lyk sommer fake

sy was ‘n plain jane
armgat van matjiesfontein
society se clown
weg is die girl van downtown

money can buy happiness off course
even after divorce
from living the life
van ‘n rich man’s wife

©Jessica Venter
07/08/2017




  • TEMAS

    Laat u kommentaar

    GESKRYF DEUR

    Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

    Publikasies: 47
    Kommentaar telling: 3

    Ek is gebore in Pretoria en het daar groot geword. My ma was ‘n enkelouer en het my dus alleen groot gemaak. Ek is al 15 jaar getroud. Ons het twee kinders, ‘n seun, Armand en ‘n dogter, Bianca. Ons bly in Randfontein tussen al die mynhope maar dis my tuiste. Ek het sekretarieël geswot by Randfontein Kollege. My man het sy eie vervoermaatskappy, ek doen al die kantoor werk al vir baie jare. My stokperdjies sluit in lees en skryf. Ek doen ook tans ‘n digterslypskool kursus. My passie vir skryf het eers ‘n paar jaar gelede ontpop. Ek het al drie boeke deur Kwarts Publishers gepubliseer. Hulle is beskikbaar in Bargain Books, op Amazon as e-boek asook op Kwarts Publishers se eie webblad. Ek het ook laas jaar ‘n ses maande kursus in kort verhale voltooi deur Die Skryfbesigheid asook deur Liberty University het ek ‘n kort skryfkursus voltooi aan die hand van Karen Kingsbury. Ek is tans besig met ‘n ses maande kursus in die skryf van Romanse aangebied deur Madelie Human.   Ek help by honde rescue, genaamd The Dachshund Haven. Ek doen elke week al hulle facebook plasings en ek hanteer al hulle admin. 

    Gebruikers Aanlyn

    1 Lid, 2,906 gaste aanlyn

    Bydrae Totale