Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: LIG NA DIE DONKER

Deur Martha
Datum gepubliseer: 28 November 2019 Aantal woorde: 495 22 Kere gelees 1

“Jy kan die donker, swart hond van jou stoep af gooi …”

Sjoe, ek moet dit met jou deel! Ek luister na ‘n onderhoud met Valiant Swart en sit verstar! Dit is hy wat ‘Sonvanger’ geskryf het. Hoe kon ek dit nie weet nie? Dit slaan my dronk, want dit is presies wie hy is, nie waar nie?

Die lied is sprekend van sy hart nadat hy gehoor het dat ‘n jongman selfdood gepleeg het. Ralph Rabie, beter bekend as Johannes Kerkorrel, was ‘n vriend van hom en hy was bewus van die stryd met depressie wat die jongman gevoer het.

Op daardie oomblik gaan sy hart uit na Ralph se ma. Hy wonder hoe sy ooit weer ‘die lig’ sal sien en ervaar in haar donkerste nag.

Ek is verstom deur soveel rou emosie in so ‘n eenvoudige bewoorde liedjie. Hoewel ek nie voorheen die storie agter die liedjie geken het nie, het dit nog altyd iewers ‘n snaar in my hart geraak. Dit is asof ek nog maar altyd geweet het dat hierdie lied nie sommer toevallig gebeur het nie.

Dis een van daardie songs wat almal wat Afrikaans sing, al gesing het. Laurika, Theuns, Reventse, Karen Zoid, ek, jy … wie nog almal? Dit spreek tot so diep in jou hart dat jy onwillekeurig saam moet sing en saam moet soek of jy die son nog kan sien skyn. Jy voel, nee, jy SIEN die pyn wat die verpletterde ma van daardie jongman ervaar het by die verlies aan haar kin

En tog besef hy dat daar altyd ‘n ligkolletjie iewers is. As jy mooi kyk en (waarskynlik) ‘n bietjie soek, sal jy die son weer sien skyn.

Sy uiteindelike uitspraak is dan ook: “Jy KAN die donker, swart hond van depressie van jou stoep af gooi en aangaan met jou lewe.”

Wow!

Kyk of jy vir my die son kan vang
Daar’s ‘n kamer in die huis waar ons die son kan hang
Dit is donker by die venster in die middel van die dag
Onthou jy nog hoe helder die kamer kon lag
Kyk of jy vir my die son kan bring
Daar’s ‘n liedjie in die gange waar die son kan sing
Want dis stil in die hoekie hierdie koue seisoen
Kan jy sien wat die wind en die reën aan my doen
Sonvanger ek vra jou mooi
Laat hom weer vir my kom skyn
Sonvanger laat my verstaan
Hoe ‘n somer sommer so in die niet kan verdwyn
En laat hom skyn
Kyk of jy vir my die son kan kry
Daar’s ‘n huisie in my hart waar die son kan bly
Kyk of jy die son vir my kan steel
Daar’s ‘n plekkie in die tuin waar die son kan speel
Koor
Bring ‘n bietjie lig vir die draaie op my pad
En ‘n handjie vol strale vir die donker in my hart
Koor
Woorde & Musiek: Valiant Swart https://www.youtube.com/watch?v=Ib0A_BzvFEo




TEMAS

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 40
Kommentaar telling: 11

Ek is 'n Namibier in murg en bloed. Ek hou my lewe lank skook, met hier en daar 'n kort tussenpose. Ek is getroud, het drie kinders en (op die oomblik) drie kleinkinders. Dit het my my lewe lank gevat voordat ek die moed gehad het om te begin skryf. PUBLICATIONS Books: Tuiskoms, by Martha Poller. Published by Malherbe publishers (2018), 193 pages. ISBN 978-1-928413-65-3 Hagar, by Martha Poller. Published by Malherbe publishers (2017) 270 pages, ISBN 978-1-928413-70-7   Short stories: ·         My lewe in ink – ‘n versameling van inspirerende dagstukkies. Published by Carpe Diem Boeke (2002) ISBN 1-919912-07-X Martha’s contribution: Jesus, ek is blind! (page 180) ·         Keur van verhale 4 – ‘n Potpourri Publikasie (2018) Published by Malherbe Publishers. ISBN 978-1-928413-40-0 Martha’s contribution: Die Misverstand (page 72) ·         Kierangspruit se Sirkus – ‘n Potpourri Publikasie (2018) Published by Malherbe Publishers ISBN 978-1-928413-90-5 Martha’s contribution: Rocco se hartseer vertoning (page 82) ·         Verspeelde Matriekafskeid Published by Huisgenoot (8 February 2018) and read on Maroela Media  (2 February 2018) ·         In die grasie van jou wese – ‘n Potpourri Publikasie (2018) Published by Malherbe Publishers   ISBN 978-1-928415-57-2 Martha’s contribution: (V)oorbegin

Gebruikers Aanlyn

1 Lid, 116 gaste aanlyn

Bydrae Totale