Jongste aktiwiteit:

Liewe Ouma

ek skryf vir ouma ‘n gedig
om dankie te sê
vir al die heerlike kuiers en etes
die gasvryheid in julle huis
was soos ‘n moskombers
en ouma se omgee
het menige se harte geraak
ouma se hande
het vir niks verkeerd gestaan
nes ‘n miertjie, altyd besig

vandag is ouma se plekkie leeg
en ouma se lag is vir ewig stil
die omgeeliefde wat ouma
so mildelik uitgedeel het
en elke verjaardag oproep
sal vir altyd onthou
en gekoester word
ja, ons harte is seer
en ons gaan met tye erg verlang
maar ons vier eerder ouma se vol lewe
as om te treur
en wanneer die hartseer te erg raak
kan ons deur die herinneringe blaai

dankie vir die spore
wat ouma ons harte agterlaat
dankie vir wie ouma was
en soos Riana se song sê
“Hou die hemel oop”
want eendag gaan ons saam
in die hemel dans

rus sag, liewe ouma
dis nie totsiens nie
maar net vaarwel

©Jessica Venter
28/1/2020




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed