Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: LIEWE JESUS HET MY BLUEPRINT ASPRIS ANDERSTERS GEMAAK

Deur GhwarriegatQueen
Datum gepubliseer: 3 Julie 2019 Aantal woorde: 650 90 Kere gelees 1

LIEWE JESUS HET MY BLUEPRINT ASPRIS ANDERSTERS GEMAAK

Ek het ‘n paar moesies in my gesig. Nee man! Nie van daai wat so knobbel staan met die hare wat daaruit groei soos mens dit altyd in daai stupid heksestories sien nie. Dis meer so kruis tussen n moesie en n beautyspot.
Het al komplimente (glo dit of nie) daaroor gekry, laat my gesig blykbaar uniek lyk. Maar dan het ek ook baie onvleiende aanmerkings ook gehoor, waarop my enigste antwoord net is: Bou n brug en kom daaroor!!
OMDAT EN OORDAT ek sal dit nooit-ooit, nimmerimmer nie vir al die geld in die wereld laat verwyder nie!!! En dis nie net omdat dit vir Righ sexy was nie – hyt my altyd Sexyface genoem.
Dis omdat daai beautyspotmoesies is wie ekke is… Uhm-sien, eendag toe ek nog eers n klein dogtertjie gewas het het iemand n verskriklik vieslike aanmerking oor my gesig gemaak; enne daai aand was ek so hartseer ek wou nie eers saam met my Hero tussen die sterretjies gaan dans nie enne toe…Weet nou nog nie helemal of dit n droom was nie; maar my Hero het gekom en my in Sy arms opgetel en my bitterbaiestyf teen Sy eie persoonlike hart vasgedruk; en met my armpies amper kestamper nog stywer om sy nek en met sy baard wat bekend in my nek kielie; het Hy my vertel. Vertel dat Hy aspris my gesig so gemaak het omdat en oordat Hy honor bright gewou het. Moet erken, ek was geskok tot in my hele-ganke wese – hoe kon my Hero aspris so iets gaan staan en doen het??? Ek wou sommer van Sy skoot afgeklim het; maar ek kon eers nie gekon het nie – ek’s so te baie lief vir Hom. En toe sê Hy, kan dit vandag nog steeds onthou:”Toe ek aan daai Hout doodgegaan het het Ek aspris van My Bloed op jou gesiggie laat val (al was ek toe nog nie eers gebore gewas nie); sodat jy altyd se ewig moet weet hoe spesiaal jy is en dat ek die liewerste lief is vir jou – jys Myne!!!
En so rukkie daarna het my hele lewe uitmekaar geval toe elcheappo my kom steel het en in sy gatsak geprop het toe hy dink niemand sien hom eers nie….Maar in daai 26jaar van hel (en steeds in hierdie meer as 22jaar wat ek verlos uit als steeds vervolg en verwerp word) het ek DIT nooit-ooit, nimmerimmer vergeet nie. Selfs nie toe my hele lewe tot pulp verrot op die vuil ou Ghwarriegat gelê het nie. Toe my menswees en my vrouwees (my dogtertjiewees toe alreeds lankal ontbind op die Ghwarriegat) toetentaal en al vernietig was; en daar net een GROOT gat was waar my siel veronderstel was om te wees… Ja; selfs toe – elke keer wat ek na myself in die spieël gekyk het (al het ek myself verafsku) het ek my Hero se woorde weer hoor eggo iewers in my opgemorste lewe: “Toe ek aan daai Hout doodgegaan het het Ek aspris van My Bloed op jou gesiggie laat val; sodat jy altyd se ewig moet weet hoe spesiaal jy is en dat ek die liewerste lief is vir jou – jys Myne!!!
En dit het my onbewustelik laat aanhou hoop dat my Hero my tog eendag gaan kom haal en my weer Syne maak. Soos wat Hy ook het. My hart se Lam. O; my hart se Vlam – my kosbare Messias; my Hero!!!
So – hoekom sal ek aan my gesig laat peuter; waarom as ek elke oomblik van die dag en nag n tasbare bewys het dat Hy my liefhet en dat ek (Goddank) Syne is. Syne vir n altyd se ewig; plus een hele-ganske dag!!!

Kyk mooi na jouself, liewe Bokkie my babie; en mag vandag vir jou propvol skaterlag-mooi oomblikke wees.
©Liza Daniells




TEMAS

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 68
Kommentaar telling: 21

Vergun my net so n skeutjie se agtergrond; seblief - Ek sal dit kort hou. Ek was vir 26 jaar (van ouderdom 8 jaar) vasgevang in prostitusie, delms, satanisme; ens. Ek sal jou nie opsaal met die detail nie. Ek is nou al 21 jaar deur God se genade vrygemaak van daai boeie van die verlede; maar ek ervaar steeds baie vervolging en verwerping van kerk en Establishment. En - verloor om n laaang storie kort te maak, ek het net mooi ALS - letterlik en figuurlik verloor. Hoeveel maal in die winter moes ek fisies op straat slaap; enne is nou een keer gegangrape......nou sit ek met serviks kanker. Maar dis nie die punt nie. Nie nou nie, in elk geval. Ek wil nie chemo of n hospitaalbed he nie. Ek wil weer die seesand onder my voete voel; die see sien. Ek is onherroeplik mal vir die see; vir mooi, ou Kaapland. Ek wil waag om te glo in die gebeur van n wonderwerk. Weer geluk vind; liefde. Ek wil LEWE!!!

Gebruikers Aanlyn

1 Lid, 87 gaste aanlyn

Bydrae Totale