Jongste aktiwiteit:

Liefdesdiens

Stuur ‘n bemoedigende teks aan ‘n vriend of famiie lid elke dag, dit het krag en gee inspirasie. Om
jouself te vorm om meer en meer soos Jesus te wees, om so te leer om God te vertrou met jou
diepste seer en behoeftes met Hom te deel. Dit is waarvoor jy gebȏre is, om te weet dat God se

Liefde so groot is vir jou dat Hy vir jou Sy enigste Seun gestuur het om vir jou sondes aan die kruis te
sterf.

‘n Nuwe begin is nie altyd maklik nie, maar met Jesus se Genade is alles moontlik, Hy vra net bring
jou kant. Swaarkry is nie vir altyd, hou net moed. Die rede hoekom Jesus aarde toe gekom het is om
ons te wys dat die pad nie altyd gelyk is nie, maar wees nederig in alles wat jy doen. Met sommiges
gaan dit voor die wind, maar is hulle gered getuig hulle lewe daarvan?

Oorkant die grens van snobisme en groot geld, is ‘n leȅ doellose lewe. God is nie daar nie, dit verafsku Hom.
Soms dwaal mens af van die regte pad, maar die prys wat jy dan betaal is nie altyd aangenaam nie.
Afstootlike sondes kos mens baie tyd en geld, verkeerde keuses kan hartverskeurend wees. Mens
kan nie net altyd wegstap en dink dis nou vergete nie, nee dit is ‘n lang proses om weer genees te
word.

Oor mens ongehoorsaam is kan dit lei tot baie eensaamheid, soms word jy weggestoot en in die
verlatenehdeid voel jy heeltemal verlore en alleen. Verkies eerder die waarheid bo leuens dan sal
jou lewenspad belowend lyk.

God verander mens, om jou eie hart en denke te probeer verstaan gee mens soms slegte gedagtes wat God
haat en seermaak. Maak jou hart warm vir God se dinge, lees kragtige bybelverse en ja! Die heerlikheid van God
sal oor jou begin skyn. Sy wonderlike natuur, Sy wonderlike karakter sal deel word van jou gees. God
se gees is oorweldigend, sy heerlikheid kry ons wanneer ons Sy naam aanroep. Daar is engele
‘Gerubs’ wat God beskerm teen onheiligheid, God kom self na die onheilige mens om Homself
aan ons te openbaar, dit is wonderlik.

Wanneer ons nog in ons lewende liggame is werk God reeds aan ons sodat ons die ewige lewe kan
erf wanneer ons sterf. Mag julle die liefdevolle hand en heilige teenwoordigheid elke dag ervaar en mag God julle vul met sy Heilige Gees.

Amen




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed