Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Liefde voorspel

Deur Palet
Datum gepubliseer: 11 September 2020 Aantal woorde: 94 74 Kere gelees 3

‘n Woeste wind waai deur my hart
dis bewolk en dreigende donker wolke
pak saam op die horison
geen sonskyn word voorspel

Temperature daal skerp in sekere dele
en ‘n kouefront steek op
reën word verwag oor dorre droë streke

‘n Taamlike warm dag sal môre weer ophelder…,
sal daar ooit weer iemand wees
iemand wat ek lief sal hê?
die liefde is net so kompleks soos die weer

Of jy omgee
of laat gaan
ek sal maar staan en wag
tot mooi liefde weer die chaotiese atmosfeer in my lewe stabiliseer




TEMAS
1 Kommentaar
  1. Anze

    12 September 2020

    Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die September 2020 – Liefdes-projek

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 395
Kommentaar telling: 354

Waar die see en die horison ontmoet, sal die gedruis van die oseaan in die suis van die wind stil raak.. Dis hier waar my drome my woorde in die binnekant van my siel kom lӗ  

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 100 gaste aanlyn

Bydrae Totale