Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Liefde vir my kinders (Engelse Sonnet)

Deur Taai
Datum gepubliseer: 16 Desember 2019 Aantal woorde: 72 40 Kere gelees 2

Laat liefde vir my spruite
nie versprei in oggendwind
sagkens koester teen my ruite
waar my hartklop warm klink

weef geduld sorgvuldig deur my wese
soos vlamme hoog vure stook
help my Heer met regte keuse
alle wysheid vassoom ook

gewis is ek van vlees gemaak
feilbaar met ’n hart van goud
eendag sal verstaan hul traak
my liefde duisendvoud

maar as ek sou fouteer
help my dan, O Heer!

© Taai Bonthuys




TEMAS

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 37
Kommentaar telling: 1

Digter, Skrywer en professionele rekenmeester.

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 126 gaste aanlyn

Bydrae Totale