Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: liefde

Deur Tearlach
Datum gepubliseer: 13 September 2020 Aantal woorde: 89 74 Kere gelees 3

saggies blom liefde in my hart
soos affodille wat sag ontluik
anders as suikerbos blomme
wat skerp en stekelrig ontplof

saggies bloei liefde in my hart
soos roosknoppies sonder vog
wanneer aalwyne se blomme
bitter sous verander in nektar

saggies skroei son my liefde
natuurlike verkleuring geset
in kleure van die koring are
wat ryp word en statig troon

saggies verlep my trotsheid
in plooie en verdriet wat net
onthou van tanende sonskyn
oor kelkblaar van jeugdigheid

kelkblaar wat drupsgewys val
en net kern van lewe agterlaat

©Teárlach




TEMAS
3 Kommentaar
  1. Barbara

    13 September 2020

    Hartseer mooi

  2. Tearlach

    14 September 2020

    Baie dankie vir jou mooi woorde Barbara

  3. Anze

    14 September 2020

    Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die September 2020 – Liefdes-projek

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 937
Kommentaar telling: 131

Gebruikers Aanlyn

1 Lid, 40 gaste aanlyn

Bydrae Totale