Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Lewensspore

Deur Paula Paxton
Datum gepubliseer: 11 September 2019 Aantal woorde: 107 138 Kere gelees Hou van

Voddevoos die lap
wat vlees sou bedek,
rafel tot repies,
verkrummel tot stof.

Vuilgetrap in lewenslesse
deur modder diep, verdrink.
Soms met hartseer deurdrenk
tot barste in eeltevlees.

Skurf en ru geskaaf.
Geknyp en ingevou
tot elke naat gelaat
in voete van baie ou.

Le hul leweloos….
Uitgedroog en kaal,
oortrek tot liddoring,
deur bitter tye seer.

Het spore diep getrap,
onsienlike merke gelaat.
Vasgeets, ingesmelt, onuitwisbaar diep,
in hart van vlees gelos.

Wees versigtig hoe jy trap
o vlees van my siel.
Keer onverskillige woord
wat menswees kan verniel.

Paula Paxton

ns. (my rekenaar wil nie leestekens bo op e klanke sit nie.
verskoon dit asb.




TEMAS

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 75
Kommentaar telling: 4

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 90 gaste aanlyn

Bydrae Totale