Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Lewe. (2016)

Deur Margaret Cordier
Datum gepubliseer: 13 Mei 2019 Aantal woorde: 47 32 Kere gelees 1

Sy soen is laat op Groenfontein.
Haar tong kleef aan die hemelruim.
Sal jy jou liefde oor haar stort
sodat sy nuut en vol kan word.

Reën het gister op haar geval.
‘n Geheime ongevormde bal
-aan plasentas van die heelal.
Visse; voëls; voetiges oral.




  • TEMAS

    Laat u kommentaar

    GESKRYF DEUR

    Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

    Publikasies: 16
    Kommentaar telling: 11

    Ek bly in die Waterberge en is baie lief vir alle vorme van kuns. Vir my gee die skryf van gedigte; prosa; sketse en dies meer, die geleentheid om my diepste belewenisse en waarnemings neer te pen en te deel met lesers.

    Gebruikers Aanlyn

    2 Lede, 2,847 gaste aanlyn

    Bydrae Totale