Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Lente se wip (Silwer)

Deur Charleine
Datum gepubliseer: 13 September 2019 Aantal woorde: 79 95 Kere gelees 4

spring has sprung
soos ‘n meme-haan op vere
soos bo-kant-buurman
se katel sonder klede
en veel minder klere –
bytjies en blomme
warm voëls woel tekere

net soos die were

kom die lewe se voortgaan se rede
met laaste yswind
by waters in vloede
bloeisels se groei onder sneeu
is beloftes soos eiers
in die nes van ‘n meeu

wat openbaar wat bedek was

soos jy elke jaar
so seksie doen
jou mooie korte
onvoorspelbaar
wulpse seisoen

©Charleine Collins




TEMAS
1 Kommentaar
  1. Anze

    14 September 2019

    Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die September 2019 projek

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 93
Kommentaar telling: 39

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 69 gaste aanlyn

Bydrae Totale