Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Leeugamka

Deur Koos Elsum
Datum gepubliseer: 23 April 2019 Aantal woorde: 124 193 Kere gelees 3

In sylyn drie staan
goedere trein 1954
wag
met veld bruin graffiti
kante.
teen die winter wind
In somer son.
vervlek met leë
maag tronke
wat stink na vele vragte.

gebind met gebuigde
sterk, gemerkte
knoppel vinger skakels,
met swart bloed are
wat lug na geslyte
wiele brieke bring.

Die kop staan
grom in stille trost,
die kaapse berge
te oorkom
met swart roet en
oil kol.

Die hooflyn blink
lê oop met ‘n
veraf trilling,
afwagting wat rotte
katte vervaart laat
skarrel.

dan verskyn die blou
winter warm
somer koel,
verskiet in die karoo,
met blink kante.

twee van alles
soomloos verbind
in ‘n oomblik
verby.

Gaan ons jou
weer in
Leeu Gamka kry,
of was die
trein net te veel,
goed

vir my?




TEMAS

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 56
Kommentaar telling: 8

Gebruikers Aanlyn

1 Lid, 32 gaste aanlyn

Bydrae Totale