Jongste aktiwiteit:

Lees meer oor INK

Publikasie van skryfwerk

  1. Artikels
  2. Gedigte
  3. Rubrieke
  4. Meningstuk
  5. Musiek & Liriek (mp3 & mp4)
  6. Liegstories
  7. Verhale –
    • * Jeug / Kinderverhale
    • * liefdesverhale
    • * reisverhale
    • * geskiedenis
    • * wetenskapfiksie

Blootstelling op die internet

Groot kompetisies wat van tyd tot tyd aangebied word met groot pryse

Maandelikse projekte

Erkenning vir jou werk gelewer met gala-aande waar toekennings gegee gaan word vir beste in elke kategorie (Sien die foto’s)

By die opleidings afdeling is daar opleidings modules beskikbaar wat periodiek opgradeer word, gaan lees gerus meer.

In die Biblioteek kan jy gedigte van al die groot meesters (oud en nuut) gaan lees asook ‘n elektroniese FAK, Liegstories, Kinderrympies en  nog vele meer. 

Ons bied verskillende opsies vir die lede ALMAL MOET ASB REGISTREER

Deur vir jou ‘n GRATIS profiel te registreer sal jy onbeperkte toegang tot ons biblioteek EN Opleidings afdelings hê, sien dit dus as ‘n gratis slypskool om jouself met kennis toe te rus

Kom sluit aan by die wenspan https://ink.org.za/

Meer oor hoe INK werk

  1. Registreer jou profiel (Kies n sterk wagwoord bv. Kosie1@B)
  2. Besluit van watter opsie jy gebruik wil maak – hetsy lees, kommentaar of publiseer
  3. Aktiveer jou Ink rekening vanaf jou e-pos (kyk ook in jou “spam folder”)
  4. Teken aan en kies die “onthou my” blokkie
  5. Kyk by Aansluitingsopsies in watter mate jy betrokke wil wees op INK
  6. Nou kan jy begin publiseer, kies die afdeling waarin jy wil plaas en volg die stappe
  7. Sodra jy klaar geplaas / gepubliseer het, het jy die opsie om jou werk na FB, Twitter, Google, Whatsapp of per e-pos te deel. Adverteer jou werk so wyd as moontlik vir die beste blootstelling
  8. Om vriende te maak gaan na die Lede skakel en kliek op die lid waarmee jy vriende wil wees se profiel, kies die volg skakel of stuur ‘n vriendversoek
  9. As jy vir iemand ‘n boodskap wil stuur is daar by elke profiel ‘n opsie om ‘n e-pos te stuur
  10. As jy kommentaar op iemand se werk wil lewer, rol af tot na die plasing en laat jou kommentaar

BELANGRIK:  Maak asb gereeld julle rekenaar se geheuebank (op google) skoon aangesien daar dalk “cookies” van ander webwerwe kan wees wat INK beinvloed of druk cntrl en die F5 sleutel op jou sleutelbord

NB:  ‘n beperking van 3 plasings per lid per dag OM AAN ALLE LEDE gelyke blootstelling te gee

Ek is ‘n aktiewe en betalende lid – hoe doen ek ‘n plasing?

  1. Maak seker jy het wel ingeteken is, sodat jou persoonlike profiel oop is vir plasings ( teken in (onthou om die “onthou my” blokkie te kliek)

2.Regs bo (waar jou naam en/of fotos verskyn, laat jou muis oor die foto sweef en ‘n nuwe uitskop opsie sal verskyn, klik nou op plaas ‘n nuwe publikasie.

3.‘n Nuwe skerm sal nou oop maak.

  1. Eerste kry jy nou Kategorie – daar kies jy in watter afdeling jy wil publiseer bv: Gedig en merk die blokkie. SOU jy jou plasing vir die maand projek wil inskryf merk die betrokke maand projek wat ook hier sal verskyn asb.
  2. Die volgende is die titel van jou plasing
  3. Groot blok hier plaas jy die inhoud van jou plasing, ek knip en plak sommer van word.doc af, of tik direk.
  4. Jy het die opsie om media (maw ‘n foto) te laai (opsioneel).

8.Etiket – hier tik jy skakel woorde in wat jy graag met jou plasing wil koppe bv. Liefde. Tik een woord op ‘n slag en “enter. So kan jy al die woorde laai wat jy wil gebruik.

9.Klik op publiseer sodra jy tevrede is met jou plasing.

  1. Jy het ook die keuse om eers jou plasing as ‘n konsep te stoor sou jy dalk later verder wil redigeer en verander.

11.Jy kan nou na INK se tuis skerm gaan en aan die regterkant so in die middel van die skerm is die 20 nuutste plasings deur lede vir jou om te gaan lees

12.Onder aan elke plasing is die opsies en skakels om jou werk na bv. Faceboek e.a te deel.

By navraag verduidelik ons graag die verskil tussen verhale, artikels, rubrieke en meningstukke (gorrels).

VERHALE:
Dit is belangrik dat jy as skrywer weet in watter klas jou verhaal gesorteer word, met ander woorde, is dit:
1. Roman
Die roman is ‘n lang prosaverhaal wat uit kleiner eenhede bestaan waarin die wel en weë van karakters teen ‘n spesifieke agtergrond vertel word. Die roman bestaan verder uit vier verdere onderafdelings:
i. Historiese roman
historiese romans wat ‘n tydperk uit die verlede uitbeeld of die gees van die tydperk weergee en klem lê op die algemeen-menslike daarvan
ii. Karakter roman
karakter- of sielkundige romans probeer hoofsaaklik om die siel van die mens uit te beeld deur die menslike karakter tot in die fynste besonderhede te ontleed
iii. Intrige-roman
intrige-roman laat die klem op die handeling en verhaal val
iv. Tendensroman
strekkingsroman (tendensroman) is ‘n roman waarin die skrywer sy verhaal gebruik om ‘n bepaalde idee te verkondig, of om ‘n oortuiging te laat posvat, of om verkeerde toestande te hervorm deur hulle aan die kaak te stel.
2. Kortverhaal
Die kortverhaal wil dieselfde as die roman bereik: ‘n stuk van die lewe uitbeeld maar doen dit meer gekondenseerd en gekonsentreerd. Alle reëls wat op die roman van toepassing is, is ook op die kortverhaal van toepassing.
3. ‘n Novelle
Die novelle val êrens tussen die kortverhaal en die roman. Dit is langer as die kortverhaal, maar korter as die roman. Dit is nie so gekonsentreerd soos die kortverhaal nie en enkelvoudiger van opset as die roman, met gewoonlik net een gebeurtenis as tema.
4. Skets
Die skets is, soos die naam aandui, die tekening van ‘n toneeltjie, ‘n losstaande gebeurtenis, ‘n persoon of groepie persone, ‘n stukkie milieu, ‘n bepaalde stemming – sonder dat die verhaalelement sterk aanwesig is en sonder die diepere samehang van oorsaak en gevolg.
5. Essay (Kunsopstel)
Die essay of kunsopstel bevat ‘n stukkie kommentaar oor die lewe. Dit is ‘n kort prosastuk, gewoonlik sterk persoonlik gekleur, en óf krities óf bespiegelend van aard. Die primêre doel is om te kritiseer of kommentaar te lewer. Die suiwer essay is altyd selfopenbarend. Dit is die liriek onder die prosasoorte. Daarom sal die suiwer essay altyd die belydenis wees van die skrywer se geloof, sy liefdes, sy vooroordele, sy twyfel, sy kennis of sy siening van die waarheid.

DIE ARTIKEL:
Die artikel is ‘n vorm van verslaggewing wat streng geskoei is op feite deur en as gevolg van navorsing. Anders as in ‘n rubriek neem die skrywer NIE ‘n persoonlike standpunt in oor die onderwerp nie, maar weergee diverse sienings van ‘n saak om die leser in staat te stel om ‘n eie opinie en gevolgtrekking te maak oor die feitlikheid van die onderwerp. Die doel van ‘n artikel is informatief (informasie-gewend) van aard.

DIE RUBRIEK:
‘n RUBRIEK is ‘n meningstuk; ‘n uitspreek van ‘n persoonlike opinie, dikwels geskoei op subjektiewe aannames. Die wese van ‘n rubriek kan baie verskil. Party stukke lewer kommentaar op een of ander aktuele saak in die samelewing; ander is nostalgies van aard; ander inspirerend, en party kan selfs baie humoristies wees.

MENINGSTUK:
Van al die kategorieë, is die meningstuk seker die moeilikste om behoorlik te omskryf. Dit kan ‘n opiniestuk wees, wat voortspruit uit persoonlike ervarings of selfs gemeng wees met feitlike verwysings. Dit is ‘n instrument soos die ‘blog’ waar ‘n skrywer sy/haar frustrasies of ervarings kan deel.

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • Fanus Strydom het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Amanda het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Amanda het ‘n nuwe publikasie gemaak