Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Woordsmous se profiel

  • GEDAGTES en Profiel foto van WoordsmousWoordsmous is nou vriende 6 maande gelede

  • Wanneer jou lyf se simfonie
    adagio in c mineur
    en myne saamsleur
    in die suiwer note van die minuet
    dan sweef ons saam, ons liggame versmelt
    andante in die tango, smeulend groei die ritme
    allegretto tot allegro as[…]

  • My kyk nooi jou uit
    om teen my bors te kom lê
    sodat my hart jou kan vertel
    wat ek in nie in woorde kan sê
    © Anton Bosch 04/01/2020

  • Kaalvoet staan ek voor jou
    my hoof is onbedek,
    my hart is in my hande,
    my liefde onbevlek.
    Jy vra wat’s my begeerte,
    wat wil ek hier kom kry,
    ek antwoord uit my hart uit,
    dis altyd maar net jy…
    want dis ‘n kaalv[…]

  • Kyk ek ry op my skoppelmaai
    en my lag weerklink in die wind se waai
    as my kinderhart op die wolke dans
    in die skittering van die son se glans,
    en ek swaai en ek swaai op my skoppelmaai
    maar die wind het bedaar[…]

  • My liefde is die sonstraal
    wat die skaduwees verdryf
    as die hartseer oor jou toesak
    soos die skemer in jou lyf
    Dis die najaarsreën wat uitsak
    oor die droogte in jou siel
    as die seer van jou verlede
    jou[…]

  • Ek het ‘n stukkie sonskyn
    uit die somertyd bewaar,
    dit in ons storieboek gepars
    net soos ‘n blom se blaar
    en toe dit koud word in jou siel,
    en alles om jou grys en vaal,
    het ek ons storie oopgemaak
    en wee[…]

  • Ek pluk ‘n lelie in die vlei
    en my hart verlang na jou,
    ek pluk ‘n bossie songeel madeliefies
    vol druppels van die vroeë more dou,
    ek sien die blou-blou berge
    en ek wonder waar’s jy nou
    ek kyk oor wye oseane[…]

  • Op ‘n wintersdag as die wolke
    grys en laag oor die bruin rivier
    se water hang,
    en die bloureier aan die oorkant
    paddas in die modder vang,
    vloei die reën se druppels
    ongevraag oor my wang,
    as dit oorloop uit
    my oo[…]

  • As die wals sou struikel
    in ons liefdesdans
    en ‘n hart roep uit
    vir ‘n laaste kans
    sou die musiek bly vloei
    tot ons die ritme vind
    as ons aanhou dans
    deur die hoop verblind?
    Of sou ons oor begin
    met ‘n nuwe lied[…]

  • Ek hou van verse skryf wat rym.
    verse waar die ritme vloei,
    wat sin maak en die leser boei…
    Maar vanaand is daar ‘n hakkelvers
    hier in my siel,
    wat nie wil vloei nie
    en die rym makeer
    want die krake in my har[…]

  • (Die pyn van Alzheimers)
    in die gange van onthou
    is dit altyd skemerdonker
    en die dowwe lig
    wat aan ‘n kaal draad hang
    bly altyd net te vêr om lig te maak
    in die gange van onthou
    is daar deure aan weerskante
    wat ge[…]

  • Klaradyn, Klaradyn kom dans met my
    as ons saam in ‘n wals oor die dansvloer gly,
    want jy’s my Pollenys, my lieflike ding
    oor wie ek elke dag so vrolik sing.
    Vir jou is ek die witborskraai
    wat vlieg tot daar by Mos[…]

  • Die winter het verby gegaan
    en lente het gekom,
    al die bome het nog steeds gebod
    en selfs die rose het geblom,
    stilweg het die somer sy plek ingeneem
    met sonstrale wat alles voed,
    die reën het op sy tyd gekom
    en[…]

  • Was dit ‘n laaste groet,
    Of dalk ‘n nuwe moresê
    Toe jy my saggies uitnooi
    Om styf langs jou te lê?
    ©Anton Bosch 20/06/2019

  • Toe jy gisteraand jou kop neerlê,
    het jy gehoor wat my gedagtes sê?
    En toe jy saggies na jou doomland reis
    het jy gesien hoe ek my liefde vir jou wys?
    ©Anton Bosch 20/06/2019

  • ‘n Eensaam traan gly stadig
    oor die geplooide wang,
    veg moedig vir ‘n oomblik
    teen swaartekrag se drang,
    en stort dan vinnig
    sonder weerstand
    blinknat straal
    tot op die sand.
    ‘n Hand wat bewend
    agternavee om te st[…]

  • ek is die bosveld
    jy is die see
    jou ruwe branders
    storm teen my skurwe bas
    die krys van jou meeue
    eggo die visarend se roep
    as jou walviskinders
    baldadig bokspring
    en my impalas grasieus
    deur mopanieveld swem
    tot[…]