-
Viooltjie commented on the post, Die Skildery 7 maande, 1 week gelede
Goeie werk. 😊
-
Viooltjie wrote a new post, Net na dagbreek het ek jou vers gelees 7 maande, 1 week gelede
(goud)
Tóé wou ek weer skryf: oor hoe nagte lewe
as skopsuile in die donker roep
en as jakkalswelpe huil,
hoedat die kras van honger meeue
in die holte van my oor kan skuil,
dat ek die fluitsang van ’n sui[…] -
Viooltjie wrote a new post, Bloedmaan-Karoo 7 maande, 1 week gelede
op ’n ander Karoonag
het die maan bloed gebloei;
roes het haar wang
in die donker gegloei
wat is dit dan
aan die maan en haar lig –
sy heel jou, sy breek jou
sy word ’n gedig
wat binne jou sluimer
en wag op ’n wo[…] -
Viooltjie commented on the post, Stroom Op 7 maande, 3 weke gelede
En unieke denke, wou ek sê 😊
-
Viooltjie commented on the post, Stroom Op 7 maande, 3 weke gelede
Jy verstaan menswees. Ons almal het ons eie unieke ‘foute’. Dis maar hoe dit is.
-
Viooltjie commented on the post, Somersaande (Silwer) 7 maande, 3 weke gelede
Jy verlang mooi, Sierdna 😊
-
Viooltjie wrote a new post, Vlugtend 7 maande, 3 weke gelede
Vlugtend
ek vlug soms deur my ruite
na plekke ver van hier
na daar waar sonskyn
in die winter
oor die wye velde vuur
waar gras soos warm goud
op ’n koue middag gloei
alvoor die skemer in die nadag
soos rooi g[…] -
Viooltjie wrote a new post, Kaap van storms 7 maande, 3 weke gelede
(goud)
Ek onthou nog hoe winde huil deur klowe –
’n fluitend treursang wat droefenis belowe,
die riete se geritsel in die newelstof
net voor die eerste reuse druppels
teen my kamerruit ontplof
die gerammel van die[…] -
Viooltjie commented on the post, kkh 8 maande gelede
Ek het jou gedig baie geniet. Goeie werk.
-
Viooltjie wrote a new post, Stormkaap 8 maande gelede
Ek onthou ’n dag van stormweer
toe die wind gehuil het deur die klowe
met hartbreek-fluitend melodië
só
asof sy groot droefenis belowe.Buite het ’n woeste vlaag
riet wild laat ritsel in die newels[…] -
Viooltjie wrote a new post, Die pers heks van Blommeland skryf weer ’n wintervers 8 maande gelede
My liefling,
dis weer winter
ek verlang net (dis maar al)
soms as dit so koud is
en die reën so aanhou val.
Maar vandág, my lief
is dit mooiweer in die Kaap.
Die wolke (wat so grou was)
is na elders weggeraap.[…] -
Viooltjie commented on the post, 4 uur op die snelweg 8 maande, 1 week gelede
Goeie werk, Andries. Dit seil soos ’n slang oor sand, sonder moeite.
-
Viooltjie commented on the post, Ontsnapping 8 maande, 2 weke gelede
Goeie werk, Caren
-
Viooltjie wrote a new post, Junienag 8 maande, 2 weke gelede
buite woed die winde
en reën die aarde nat
ek hoor hoedat die druppels
teen my nag se ruite spat
dagbreek lê nog ure ver
wolke verberg die glans
van sterre en planete
wat midde duisternis
bly dans
maar daar by j[…] -
Viooltjie commented on the post, Vryval 8 maande, 2 weke gelede
Goeie werk, Sierdna. Die gedig lees lekker met goeie beelde en interessante nuutskeppings. Ek het dit baie geniet.
-
Viooltjie wrote a new post, Om vry te wees – soos berge 8 maande, 3 weke gelede
(goud)
Die bolande se berge
lê uitgestrek voor my;
die kranse en die klowe paradeer
millennia se verhale
by my hunkeroë verby.
Hoe vry moet dit nie wees nie
om vir ewig so te lê nie
(terwyl fynbos teen jou hange gr[…] -
Viooltjie wrote a new post, Ligteling 8 maande, 3 weke gelede
(goud)
Ligteling
Sal daar ooit weer só ’n tyd wees
soos toe ek kind was –
vry van klae en kommer,
geen kennis van die wee;
al wat ek onthou
is die pad na sonnestrande
en die duisende dae by die see.[…] -
Viooltjie commented on the post, Virus Vegters (Op ‘n ligter noot) 9 maande gelede
Dis nou ’n oulike gedig. Ek het dit sommer baie geniet. 😁
-
Viooltjie commented on the post, Intermezzo in die huis van donkerte III (silwer) 9 maande gelede
Baie goed!
-
Viooltjie wrote a new post, In my ma se tuin was daar ’n vyeboom 9 maande gelede
Mamma
as ek kon sou ek vandag
’n draai by jou wou maak
met melktert en geel blomme
en sjokolade na jou smaak
ek sou die hekkie na jou tuin oopstoot;
die paadjie na jou voordeur loop
en aan die riffelruitjies k[…] - Laai meer