Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker
  • Theuns pos n nuwe plasing 3 maande, 1 week gelede

    Droogte.

    My woorde is droog, maar my gedagtes dwaal oral heen
    Ek wag dat dit in my hart bietjie begin reën
    Ek soek net iets kleins om in ‘n groot oomblik te kan sê
    Ek wil graag jou vlerke, gevou om my lyf hê

    Droë woorde wat aan my nat lippe klou
    My oë wat elke beweging van jou lyf dophou

    My hart wat fluister en vir my lieg
    Jou oë wat my terg en openlik bedrieg
    Daar is kalmte in my hart maar ‘n storm in my gemoed
    Met donker woorde op wit papier wat jy my begroet

    Ek klou aan jou lippe vol van dou
    Ek dra my hart vir almal om te sien op my hemp se mou

    Ek veruil smart vir ‘n bietjie reen
    Sodat dit net op my droe woorde kan reen
    Ek soek iets kleins vir n oomblik so groot soos nou
    Ek hou nog my vlerke om jou lyf gevou

    Ek wag vir jou om my woorde nat te maak
    Ek wag vir jou om weer aan my koue hart te raak

    Ek wag vir jou glimlag so warm en soet
    Ek skryf jou naam in my hart se boek
    MY woorde is droog vir nou
    Terwyl ek jou hartklop vashou

    Woorde nat en soet op jou lippe
    Klein wit spoel klippe

    Theuns de Bruyn©