Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker
  • Theuns pos n nuwe plasing 4 maande, 3 weke gelede

    Die bril.

    Ek bedel ‘n bril om beter te kan sien my lief
    Ek vra mooi, ek vra klein asseblief?
    Ek wil die woorde in jou hart beter lees
    Ek wil van jou lippe se boodskap seker wees

    Duidelik wil ek die nektaar op jou lippe aanskou
    Tergend wil ek jou oë dophou

    Mooi en sag wil ek in jou hart kyk
    Kyk, hoe ‘n engel van binne lyk
    Ek bedel en soek vir ‘n stukkende bril
    Oor my oë hang daar ‘n droë skil

    Ek vra, hard maar skreeu sag binne my
    Waar gaan ek so ‘n bril kry?

    Een wat diep in jou hart in kan kyk
    Een wat my kan wys hoe ‘n engel lyk
    Ek soek ‘n skoon bril vir ‘n vuil gesig
    Ek soek vir ‘n donker kamer ‘n lig

    Al hierdie dinge is vir jou my lief!
    Ek vra mooi, ek vra groot asseblief

    Waar om ‘n bril te kan kry vir nou?
    Hoe styf om jou hartklop vas te hou?
    Om die woorde in jou hart beter te kan lees
    Om jou lief te hê sonder vrees!

    Theuns de Bruyn©