Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker
  • Theuns pos n nuwe plasing 6 maande, 3 weke gelede

    Onthou.

    Gister het my gedagtes in jou hart geslaap
    Sag het jou vingers aan my wang geraak
    Stil was my stem en hard was my hart se klop
    Stadig het my heimwee by jou gestop

    Onthou jy gister onder die doringboom?
    Onthou jy die stort se stoom?

    Dink jy nog aan daardie verdwaalde kyk?
    Deur my oë wat jy vandag heel anders leik
    Vandag verlang ek meer na jou
    Gister wou ek jou graag langer vashou

    Onthou jy hoe stil ons harte saam was?
    Lyf teen lyf, in die bed, in die donker nag

    Jou skelm kyk
    Jou hart wat vroomer leik
    Jou warm asem teen my nek
    My hart se skelm wegkruip plek

    Onthou jy nog daardie skelm kyk?
    Die dag toe jy sien hoe skaam my hart leik

    Al waai jou woorde by my verby
    Al wil jou glimlaggies nie by my bly
    Weet ek diep in jou hart is daar plek vir my
    Sodat my skelm kyk by jou kan bly

    Theuns de Bruyn©