Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Tearlach se profiel


  • met sagte misgordyn
    ontvang my duin die vog
    waarvan mosbedekte fynbos
    floreer en uitbrei oor die sandveld
    so gee die een aan die ander lewe
    soos een mens aan die ander
    die ware liefde kan oorgee
    slegs as[…]

  • selfs op my effe klam duin
    is daar ‘n gerigte en duidelike spoor
    alles gebeur met ‘n plan

    in die holtes van my siel
    lewe daar baie ou gedagtes van weleer
    alles word gestoor, herkou

    wees nie bevrees nie[…]

  • kragtige golwe stroom oor my strand
    dit beur en versteur my duin se aangesig
    sterk suid-ooster help dit aan en ek verstaan
    dat môre en oormôre nie dieselfde kan wees nie
    gister en vandag gaan so gou verby, d[…]

  • Tearlach wrote a new post, het jy 3 dae, 4 ure gelede

    “jy moet is amper soos het jy”

    my duin weergalm soms van gesegdes
    gedagtes oor wat gedoen is
    en wat nog gedoen word

    “as jy jou vrou se aandag wil kry doen net niks”

    so sê die ouman uit sy lekker terug-lê[…]


  • agter gehaal
    lê my duin se sand
    vertel van gisteraand
    toe golwe gejaag
    en kom lê het

    agter gelaat
    lê my hart se punt
    op die berge van gister
    toe lewe, lewe was
    en kom rus het

    to-ten-taal
    is di[…]


  • saam met die virus-koors
    verdwyn die mense op strand
    es apee es patrolleer nou die sand
    kinders wat dit waag om hul voete
    op sand te sit word deur ou weeman
    verklae en genadeloos verpes en vervolg
    hoe kleinlik[…]


  • somer het sy merk
    hier oor my duin kom maak
    van nou af die regte egte weskus
    met sy droë hittegolwe bedags
    wat soms deurnag diens hou

    strakkies luister
    ek na elke voëlgesang
    hier net na eerste lig
    wanneer dag b[…]


  • en die sonstrale verlig my duin
    paar minute na vyf elke oggend
    oor leë strande gestroop van mense
    stap net meeue en strandlopertjies
    en so begin mense die nuwe jaar
    toegesluit in hul onwettige dop
    elkeen smag na[…]

  • Tearlach wrote a new post, maggiestraat 2 weke gelede


    ai ja! die aap is uit die mou
    daar is ‘n groot ding aan die bou
    ‘n nuwe jaar met twee tweë’s, nul en een
    wat vir almal lyk na ‘n kwaai nuwe ding
    wie gaan val of sneuwel hierdie jaar
    wie gaan rekords opstel e[…]

  • Tearlach wrote a new post, val 2 weke, 1 dag gelede


    met ‘n duister kop
    struikel ek soms oor my duin
    gelaste nek en yster oral
    om stewig te maak

    dan is daar ‘n muis
    so ‘n valetjie uit die veld
    regte sandveld muis
    lastig soos ‘n vlieg

    met plastiek bottel[…]


  • ruk op gees van die see
    soos rookwolke oor die duine
    soos reënwolke oor die see
    verswelg die aarde in reën
    laat almal jou soet proe

    ruk op blitse van die hemel
    steek heuwels aan die brand
    soos vuurspuwende b[…]

  • Tearlach wrote a new post, aan 2 weke, 3 dae gelede


    die jaar se liggie brand nog
    hoewel dit begin flikker en taan
    wil dit steeds die mens bedreig
    met sy vitrioele gesprekke
    van virusse en koors
    net so asof sy vat
    aan ons ‘n houvas is
    wat hy nie wil laat l[…]


  • in wilde wêrelde
    was daar weinig kans
    dat jagters ‘n vrou kon kry
    wêreld verwyder van mekaar
    het hul soms uit dié wat daar was
    ‘n maat gekies en mee saam geleef
    so was maeleska, die indiaanse vrou
    van die wit ja[…]

  • Tearlach wrote a new post, bruis 2 weke, 5 dae gelede


    wit water skuim
    bruis om die donker rotse
    daar waar galjoen sy kos vind
    nie ver of diep nie, nee vlak
    en swiepend ontwykend

    geluk en vrede
    swoel en dik van aard
    kom met fees seisoen aan
    siele word gevoed – r[…]


  • tingelende klokkies
    tintelende klankies
    tingel voort tot laat

    so gaan nog ‘n feesdag verby
    nog een van uitbundige groot etes
    bietjie wyn en baie vrolike lag

    elke jaar se kersfees
    steeds aangeval as heidense f[…]

  • .
    uit die blou bel hy haar
    vertel haar hoe groot invloed
    sy as verpleegster op sy lewe
    gehad het destyds toe hy
    met slang pik gelê het
    sulke grepe laat net
    mooi gedagtes
    veral as dit
    dertig jaar
    gelede gebeur[…]

  • .
    voorjaar was daar
    ‘n besoeker stoel op my duin
    nou het owerhede dit geskuif
    verder terug onder ‘n afdak
    waar mense kan kom braai
    .
    soms word stoele oud
    dan word dit uit die oog geskuif
    later weg gemaak of fyn gek[…]

  • Tearlach wrote a new post, nuut 3 weke, 3 dae gelede

    .
    Hy het my duin nuut gemaak
    sterk winde en golwe het dit gevorm
    alles daarin rond geskommel en vervorm
    die metabolisme daarvan nog so nuut en rou
    verstaan is soms moeiliker as net aanvaar
    oorvol gedagtes oorspoel[…]

  • .
    nou is my duin oordek met seevoëls
    die seisoen in volle swang van son en lig
    vrolike stemme styg van vroeg af op saam met
    die skor krete van kormorant en meeu wat leef
    van seediertjies en wat die wye see hul[…]

  • .
    waar lê jou wortels begrawe
    in die rooi hutten-grond van levubu
    of die diep koeler grond van swarthoek
    dalk ook in die rivier leemgrond van phareng
    of is dit verplant in hierdie sandveld vol fynbos
    wie sal weet[…]

  • Laai meer