Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Paula Paxton se profiel

  • Onder die pynboom se skadu’s
    wat swaar dra aan sy kroos
    verdroog en oopgebars,
    die sepiabruin dennebol,
    .
    waak ek in die vodde van my siel,
    in windverwaaide bejammering.
    verrimpeld, verrot
    deur s[…]

  • Sweef nou in jou vryval,
    my asem so lank gestil,
    In inkvet swart gedruk,
    vasgevang tot ewigheid.
    Skreeu ek die woorde,
    wat ego vas wou pen!
    In die dig van my woorde,
    vloei my bloeiende stem.
    Jou opvoed was[…]

  • Koel is die sig wat weerkaats in my oë
    wat deurskynend vloei,
    kristalhelder met ‘n swympie kleur,
    deursigtig, kalm, vry!
    Vars is die lug
    van die hemele bo,
    waar die arend sy vryeval af-ets
    teen jou skakering mo[…]

  • Vonnie en Profiel foto van Paula PaxtonPaula Paxton is nou vriende 1 week gelede

  • Genootskap vir die Handhawing van Afrikaans

  • In die nanag se glinster
    met silver sekelmaan,
    treur roepend wind se hartseer
    n weenende verhaal.
    .
    Kaalgestroopde vlaktes,
    die niks het dit verniel.
    Waai dawerend enkel grashalm
    sy eensaam hartsverdriet.
    .
    Skree[…]

  • Vanaf die horison, waar lyne verduister
    bou hy geleidelik sy magtige fors.
    Vul hy sy krop geluidloos, stil,
    om te herkou met rype tyd.
    .
    Val hy aan met grou diep donker,
    silver swaard in hand blits hy oorheersend[…]

  • Loflied gekoer, wyl lenteson bak,
    Sit grys tortelduif in doringboom tak.
    Klink helder klank gesang tussen stilte deur
    kondig lente aan, wintertyd is verbeur.

    Bars pastel skakering kleure vrolik in[…]

  • Paula Paxton plaas 'n nuwe pos, Lente 1 maand gelede

    Transformeer die drooggetapte fors,
    soos die bisterbruin kokon
    waar larwe papie woon,
    tot vlindervlerk prag.

    Ontluik die lentegroen
    van blaar aan tak, eens leeg.
    Vou grasieus tot vol ontkiem
    om nuwe lewe[…]

  • My siel is verkreukel en my gemoed moeggetap.
    Oral om my is onherroeplike smart.
    Terwyl mensdom vol kritikasters heers
    Met onbesuisde woede wil beheer in vrees.
    Op gerugte van grootmaak ry hul die golf,
    word elke[…]

  • Voddevoos die lap
    wat vlees sou bedek,
    rafel tot repies,
    verkrummel tot stof.
    Vuilgetrap in lewenslesse
    deur modder diep, verdrink.
    Soms met hartseer deurdrenk
    tot barste in eeltevlees.
    Skurf en ru geskaaf.
    Geknyp[…]

  • Bars die ru hout
    Op naat van sy lewensare
    Deur spyker wat deurdring.
    Wat wonde los in MensGees vlees.
    Bevogtig Heilige Bloed
    Uitgedroogte balk
    Met nuwe lewe belofte
    Waar dood reeds geheers het.
    Staan dooie bene[…]

  • Die wind treur deur die gleufies sy eensaam gesang.
    Word so een met my verlore verlang.
    Sny koud en diep tussen gleuwe en vlaktes.
    Heg soos hakkies aan my verdiepte gedagtes.
    Roep deur oop spasies sy verlore[…]

  • Jy kom met Augustus se laaste koue ure.
    Met passie breek jy af, my sterk geboude mure.
    Om my winde wat waai met vrede te vertroos.
    Kom herbou jy my hart so verniel en baie broos.
    Kom tel jy my trane en vang dit in[…]

  • Na Een beeld gevorm, maar elk individueel.
    Almal dieselfde, sal mensdom net verveel.
    Met kompleksiteit wat ek soms glad nie kan verstaan,
    Loop elke mens in sy eie lewensbaan.
    Geen denke ooit dieselfde, uniek is jy[…]

  • Goudstreep val oor houtvloer
    deur roetbelaaide ruite.
    Beklemtoon stowwerige duiwelsdons
    wat onder swaar meubels vergader.
    My naggewaad is flodderkous
    met kabaai oorgegooi,
    span ek my logge liggaam
    moeisaam van die[…]

  • Sweef my hand geluidloos
    net bokant end van grashalms,
    waar hul wiegend
    in westewind dans.
    Suis die klank van leegte
    ‘n melancholiese wysie
    van ongevraagde verlange,
    onbekende nastolgie.
    Waai my eens linnewit r[…]

  • My pandokkie uit klip, gevul met yskoud
    in die vaal vlaktes van die weste,
    smag na geknetter, verlang na geklap,
    net soos joune in die Kaap.
    Bedel ek in geskrif, smeek ek in gedig
    vir n kooltjie van jou[…]

  • Uit stof gevorm, met God’s asem gevul
    is ELKE mens, tot lewe onthul.
    Bloed vloei rooi, siele deursigtig gekleur
    harte wat op dieselfde manier treur.
    .
    God se skakering van vlees
    so mooi hoort te wees,
    deur h[…]

  • Dis koud my vriend, dis baie baie koud!
    My bene pyn, my jare word oud.
    Ek kannie slaap nie, ek is so moeg.
    So gedaan van die lewe se geploeg.
    Die “kaya” van my met sink gebou
    hou nie uit die winter se ysige kou[…]

  • Laai meer