-
Loretta Szikra wrote a new post, In 'n neutedop 2 maande, 1 week gelede
My hart voel leeg
my woorde hol;
kurkdroog en verdor
soos ‘n leë neutedop.
Vol leemtes en gate
sielsverlate
en ek net ‘n mens
uitgeworpe
aan die droë druppels ink
wat aan die punt van my pen versteen …
soos l[…] -
Loretta Szikra wrote a new post, Maandans 2 maande, 2 weke gelede
Die volmaan kaats goud
teen ‘n nagblou hemelsfeer
waarin ʼn storm broei‘n Gemsbokkoei kalf
tussen rooikoperduine
waar die tsammas rank
en ‘n witgat wortel skiet
in die Kalahari sandVoetspore sirkel[…]
-
Loretta Szikra wrote a new post, Haikoe 2 maande, 2 weke gelede
Voetspore sirkel
om ʼn kampvuur in die sand
waar die Khoisan dans -
Loretta Szikra wrote a new post, Voor jou naglied taan 2 maande, 2 weke gelede
Bekoor my met die sekelmaan
wyl jy die ou ramkietjie speel;
voor jou naglied se deuntjie taan,
bekoor my met die sekelmaan.
Op Reënboogbaai vêr hiervandaan
as jy my hart op slag wil steel;
bekoor my met die s[…] -
Loretta Szikra wrote a new post, Waar ons vlinders fuif 2 maande, 2 weke gelede
Waar ons vlinders bandeloos fuif,
vlieg minute in swerms verby
terwyl ons verbete baklei
om die sterfuur opsy te skuif;
voor dit sout in die wonde vryf
wat heimwee beendiep in ons sny;
waar ons vlinders bandeloos[…] -
Loretta Szikra wrote a new post, Ligjare 2 maande, 3 weke gelede
Onder die glanslig van ‘n sekelmaan
het jy ewige trou aan my beloof.
Jou aanraking het my stomgeslaan
terwyl jou mond my van my hart beroof.
Met jou lippe wat my gevange hou
het jy my na ‘n lushof van passie[…] -
Loretta Szikra wrote a new post, Leë beloftes 2 maande, 3 weke gelede
Warm toegewoel
op ’n laslappiestoel
het ek deur geslote luike
(deur mistige koue)
wat my wou-wou omvou
na die flambojant gestaar
wat sy takke daarbuite
so ietwat astrant
teen my skoon ruite skraap;
terwyl dit op d[…] -
Loretta Szikra wrote a new post, Tussen lewe en niks 2 maande, 3 weke gelede
Ek was daar, Pa,
lank voor die blomme
langs jou bed verwelk het.
In die swygsame kamer
waar jy en Mamma
vir soveel jare
soveel nagte om gesels het –
die kamer waar doodse stilte
binnekort weer
die laaste sê sou hê[…] -
Loretta Szikra wrote a new post, Kunstenaar 2 maande, 3 weke gelede
In die eklektiese denke
van die kunstenaar
‒ kluisenaar ‒
skrywer en musikant
wat óók kan sien
wat die skare sien;
dieselfde deuntjies
oor en oor hoor
en tog anders
‒ eksentriek ‒
artistiese integrite[…] -
Loretta Szikra wrote a new post, Brutaal 1 jaar, 3 maande gelede
Brutaal
diabolies
genadeloos gemeen;
vermoor jy die veggees met vrees
KANKER
* Cinquain -
Loretta Szikra commented on the post, Nuanse van verlange (Silwer) 1 jaar, 3 maande gelede
Baie dankie vir die saamlees Seirdna, ek waardeer.
-
Loretta Szikra wrote a new post, Sonnet vir my lentekind 1 jaar, 3 maande gelede
Met winter se nadraai was jy hier;
betyds om die somer te bring
Jy’t die asveld vrolik met lente versier –
my hart het van liefde gesing.Liefde wat diep geanker lê
wat nimmernooit sal vergaan;
meer as wa[…] -
Loretta Szikra commented on the post, Geleende tyd 1 jaar, 3 maande gelede
Baie dankie Nico, ek waardeer die saamlees.
-
Loretta Szikra wrote a new post, Nuanse van verlange (Silwer) 1 jaar, 3 maande gelede
As die volmaan weer
soos ʼn gloeiende topaas
boepensblink eklips,
wanneer die aarde kortstondig
voor die son insink
om die maan se lig te steel –
wens ek ons byeen
in die oomblik verbind,
voor sy smeulend[…] -
Loretta Szikra wrote a new post, Smartvraat 1 jaar, 3 maande gelede
Voor jy jou wraak
op ander wreek,
moet jy jou hand eers diep
in eie boesem steek;
waar eie ek ydel
teen nederigheid baklei
sal jy moontlik die oorsprong
van jou rampsaligheid kry.Daar waar jy ontkennend[…]
-
Loretta Szikra commented on the post, Oorloos – Vincent se wroeging 1 jaar, 3 maande gelede
Baie dankie Morne. 😉
-
Loretta Szikra wrote a new post, Oorloos – Vincent se wroeging 1 jaar, 3 maande gelede
Oorloos
manies versteurd
spartel jy deur ‘n hel
van bipolêre sielestryd
van Gogh
Digvorm: Cinquain -
Loretta Szikra wrote a new post, Mampara Politiek ('n Limeriek) 1 jaar, 3 maande gelede
Is Cyril nog ‘n wolf in skaapgewaad
wat mamparas van ‘n brose nasie gaan maak?
Selfs met Zuma in die spoor gestop,
bly ons parlement ‘n skandelike flop
en tewens die stront staan ‘n volk paraat.
***
(solank ons kan[…] -
Loretta Szikra wrote a new post, Liefde vs Geld 1 jaar, 3 maande gelede
Volkome het ek vir jou gelewe
My liefde het bankvas gestaan
Met oë bottoe na jou geslaan
het ek jóú bo God verhewe.
My verstand het my begewe –
jy was die kern van my bestaan;
vóór jou liefde vir my sou taan[…] -
Loretta Szikra wrote a new post, Nadraai 1 jaar, 3 maande gelede
Hetsy ons terugkeer tot stof –
na dieselfde baarmoeder
waarin alle lewe begin;
fragmenteer en disintegreer,
as ongeïdentifiseerde atome
verskerf en versprei,
sal die dood ieder van ons
‒sonder onderskeid‒
tot dies[…] - Laai meer