Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker
  • KaalvoetLyca pos n nuwe plasing 6 dae, 7 ure gelede

    Terra cotta

    die boombas in jou oë
    okkerneuthout en albastergrof
    dreig moeilikheid
    na buite
    na uit

    jou lyf
    gooi ‘n skaduwee oor my
    waar beloftes hunker
    beloftes van veiligheid

    die mens wie jy is
    is ‘n daaglikse onrustigheid
    wat my gedagtes laat versuip
    in jou bodemlose kuip

    met elke oogopslag
    kan jy my denke gryp
    en die deur na my hart ontsluit

    © L. Sauerman
    (2020/03/22)