Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Koos Elsum se profiel

  • Koos Elsum wrote a new post, Vel 4 dae, 18 ure gelede

    organe, spiere senuwese
    bloed, maagsap
    en al die ander
    lê staan, sit
    in vel vasgevang.

    vel met
    skeete, vlekke sere,
    verrimpel, verskroei
    in vele kleure.

    vel strepe, repe rimpels
    stadig geskilder[…]

  • besluit is
    uit jammer kry,
    dis net ego salf.

    besluit is
    vir eie gewin,
    dis nog kaste vol.

    besluit is
    om vry te spring,
    dis standpunt verkoop.

    besluit is
    om skade aan te rig,
    dis eie[…]

  • wind wurm deur
    podlood dun stamme
    krap lank verbleikte verhale
    uit die wind.

    die skerm teen
    gister se onthou
    vandag se alleen
    skree hoop in die wind.

    kaal gemete stemme
    blaas alles net so
    terug in[…]

  • swart en wit skadus
    strak verskrikte gesigte
    onder olie plat hare
    staar wit kring oë
    na ń donker doek.

    eens die wonder
    van eie beeld
    verdof nou verstote
    teen skemer winkel mure
    as te koop.

    lig i[…]

  • Koos Elsum wrote a new post, Denke 1 week gelede

    Loop loop
    Dink dink
    en
    Dink wat julle
    dink
    saamgesmelt in
    wat almal dink…

    niemand dink oor

    Dink.

  • verpak in ń pakkie
    ses kant primere kleure
    gemaak in ń kop
    lê die blok.

    gepak om een spilpunt
    54 blokkies homogene kleure
    ideale orde verwesenlik
    klinies geblok.

    dink drang versplinter
    blokkies in pi[…]

  • as mens hier sou sit
    tot die oggend weer,
    oggend raak.

    sal die skree van voëls
    en vêr verkeer,
    weer verbruik raak?

    wat is dan die nut,
    meskien is die dood
    ń beter begin?

  • ń Nepal trok
    kreun onder ń blink vrag
    van duisende Hindu gode geplak,
    onder die verroeste raam
    op voor oorlog bande
    skree ń moeë masjien
    oor sy pad.

    lycra oortrekte manne
    in multi advertensie hem[…]

  • rook oë huil,
    tonge proe aan
    ń opgesmukte maal
    in die paradys.

    lywe gety in gestoeltes
    klim, val weg
    in ń golf van verwerping,
    bestel gou ń ander maal.

  • ou tannies
    sleep moeg voet
    verby beweegde
    mens vreet hulpmiddels.

    grys mans
    in dasse sonder tasse
    stamp snel
    na VIP wagplek.

    families in kindertas neste
    struikel na ontlas punte
    om van alles[…]

  • in die kreukels van my kop
    onverwoord of verwerk
    dwaal beelde.

    in die voue van my maag
    grom onverwoord
    biltong emosies.

    in die hart van my pen
    krul en gly strepies
    swart woorde.

    dan skielik sonder[…]

  • mure dra dakke
    balke vol platte
    lek reën nou
    in die veld.

    mure gee vensters
    hout omvou nusse
    tonnel koud nou
    in die veld.

    mure dra kleure
    op klei vasgevang
    son verbleik nou
    in die veld.

    mure vol[…]

  • die vonk is flou
    papier vlam randjies
    opsoek na droë
    pinocchio maatjies.

    vuur hardloop takkies
    skrooi splitters
    harde hout broei
    gorrel rook.

    liggies versamel
    in ń klein rooi hart
    asem warm
    sus r[…]

  • Baie dankie vir die lees en kommentaar. Dis soos water na die reën in die diep Karoo

  • Beste Koos Elsum,

    Dit is vir ons aangenaam om u mee te deel dat die volgende gedigte wat u ingeskryf het vir die GHA gedigtekompetisie 2020, gekies is om in die Stemme uit die Suiderland 15 geplaas te word:
    ​Eerste Reën.

  • Koos Elsum wrote a new post, Landing 3 weke gelede

    voete trap oor
    onewe grond van
    boepies hoop
    gatjies niks.
    kaal voete trap
    met gevoel
    hope plaat
    gatjies toe.
    voete verskans
    in leer omvou
    trap hard
    sonder gevoel.

  • hout brand swaar
    met lewe sap
    in nat bas
    are.
    tonnels vol bloed
    fluit stoom
    in ń vurige
    sug.
    vuur hart brand
    silwer wit blokkies
    met swart riviere
    omring.
    met ligte kraak
    val die stom stomp
    in kille sand
    tot as.

  • ou tannies
    sleep moeg voet
    verby beweegde
    mens vreet hulpmiddels.
    grys mans
    in dasse sonder tasse
    snel stamp
    na VIP wagplek.
    families in kindertas neste
    struikel na ontlas punte
    om van alles ontslae
    te raak.
    mense[…]

  • om niks te weet
    is om alles te ken
    sonder die verwarring
    van vorige studies, gelowe,
    of dwaalings en kwaalings.
    beswaar, besweer
    stroop feite en waardes
    in onskuld
    tot eenvoud, dan
    niks.

  • konserte speel
    op vele verhoë
    vir diverse gehore
    maar altyd op vloere,
    in swart geverf.
    loket koket
    verkwansel kaartjies
    vir staar en hoop
    vir ń goeie end,
    in rooi sitplekke.
    oë beloor
    naby bure, veraf be[…]

  • Laai meer