Jongste aktiwiteit:

Basiese Profiel

Eerste naam
Van
Geslag
INK naam

Eliztha Jacobs

Biografie

Biografie van Eliztha Jacobs

 

Eliztha is gebore in Pretoria op 14 Augustus 1961. Haar Pa was ‘n Onderwyser en haar Ma ‘n skilder.

 

Haar ouers het haar vroeg in haar lewe aan alle vorme van kuns voorgestel. Albei haar ouers was ook baie lief vir lees. Sy het haar eerste Roman gelees op 12 jarige ouderdom.

 

Sy het haar skoolloopbaan begin in 1968 by Wonderboom Laerskool in Sinoville, Pretoria. Sy was baie sieklik as kind en die dokters het haar ouers aangeraai om ter wille van haar gesondheid of na Barberton in die destydse Oos-Transvaal of na Durban, in Natal te verhuis. Haar ouers het op Durban besluit en het daarheen verhuis. Sy was eers in Eendrag Laerskool in die Bluff en toe na Saamwerk Laerskool in Rossburgh, Durban. Sy het aan Saamwerk Hoërskool, gematrikuleer in 1980.

 

Sy is getroud in 1983, daar is 2 kinders uit die huwelik gebore.

 

In 2008 het sy by ‘n “Upholstery Boutique” gewerk in Parys. En om in so ‘n pragtige winkel te werk met die mooiste materiaal, die dorpie teen die Vaalrivier, het haar lus vir skryfkuns begin. Sy het gedigte begin skryf. Sy het in 2018 haar eerste Digbundel die lig laat sien.

 

Sy het in 2018 haar eerste kinderverhaal begin skryf, “Vlakkie Vlakvark van die Bosveld” wat eersdaags deur Mecs Publishing vrygestel gaan word. Sy is ook besig om aan ‘n tweede digbundel te werk. Sy waag haar hand ook aan ‘n Roman en is nog besig daarmee.  Daar is verskeie verhale wat brand om geskryf te word.

 

 

 

Verjaarsdag

1961-08-14

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed