Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

See-Jay-El se profiel

  • (Goud)
    êrens in die weste waar die branders breek
    daar waar die hemel saans ’n vuur aansteek
    anderkant die einders waar die son wegsink
    dis dáár waar die dag in die see verdrink
    en haar vlam in triomboog bo die[…]

  • Baie dankie, Inkmoderator vir hou harde werk en waardevolle kommentaar. 😊

  • (goud)
    Sprake van hoop
    o perste, perste vygie
    o doring aalwynblaar
    kyk hoe rus die Bolandberge
    sommer net maar daar
    o dynserige vertes
    o ligsteblouste lug
    swerfplek vir windswawels
    so-heen-toe en terug
    o eens[…]

  • (goud)
    ’n Eensame boer van De Aar
    Wou graag ’n paar nooiens vergaar
              Voor mens kon sê més
              Had hy sommer ses
    O wee, toe is oorlog verklaar
    © Carma Shaw

  • (goud)
    ’n Sekere meisie lotter
    Se bekkie was glad soos botter
    Toe een haar herinner
    Staak nóú die geskinner
    Begin sy sommer te stotter
    © Carma Shaw
    25 Februarie 2020
    6:53

  • Beste Shirley
    Ek loop vanoggend met ’n voetpad langs
    deur skouerhoogte strandveldbos
    oor gladgeskuurde klippies
    (deur die eeue hier gelos)
    tot op die wye ope strand.
    Ek sou ewig hier wou bly, as ek kon.
    Op h[…]

  • Ver verby hierdie blou berge
    anderkant die kranse
    waaroor die wolwit wolke lê
    doeriekant van die Karoo
    tussen die Gariep en die Vaal
    daar waar jou spore dwaal
    oor die wye vlaktes wat altyd wag op reën
    daar sien e[…]

  • Viooltjie lewer kommentaar op u pos, Sweepslag 2 maande gelede

    Ai, dit breek my hart. Goeie werk, Laantie

  • (goud)
    toe wingerdstok so roesrooiblaar,
    toe klipkranse ’n volmaan baar,
    toe heel die lug skarlakenvuur
    in lofsang aan die skemeruur
    het herfs se wind, so allerstil
    haar asem oor my wang gewil;
    toe effe koud haar g[…]

  • (Goud)
    hy
    wat in stilte sy werk verrig
    terwyl niemand daarvan weet nie,
    hy
    wat die lampe moet aansteek,
    die paraffienlampe
    moet laat brand
    kyk hoe stil lê sy hand
    langs sy roerlose liggaam
    op die klippe en die[…]

  • Wanneer jou lyf se simfonie
    adagio in c mineur
    en myne saamsleur
    in die suiwer note van die minuet
    dan sweef ons saam, ons liggame versmelt
    andante in die tango, smeulend groei die ritme
    allegretto tot allegro as[…]

  • Ysterwiele skree tot stilstand
    by Brackenfell se stasie.
    Die suidoos maak amok vanaand.
    ’n Vliegtuig vlieg verby.
    En ek verbeel my
    ek vlug saam
    na ’n ander plek en tyd
    waar ek verdwaal in die idee
    van ’n skynr[…]

  • My kyk nooi jou uit
    om teen my bors te kom lê
    sodat my hart jou kan vertel
    wat ek in nie in woorde kan sê
    © Anton Bosch 04/01/2020

  • Kaalvoet staan ek voor jou
    my hoof is onbedek,
    my hart is in my hande,
    my liefde onbevlek.
    Jy vra wat’s my begeerte,
    wat wil ek hier kom kry,
    ek antwoord uit my hart uit,
    dis altyd maar net jy…
    want dis ‘n kaalv[…]

  • Kyk ek ry op my skoppelmaai
    en my lag weerklink in die wind se waai
    as my kinderhart op die wolke dans
    in die skittering van die son se glans,
    en ek swaai en ek swaai op my skoppelmaai
    maar die wind het bedaar[…]

  • My liefde is die sonstraal
    wat die skaduwees verdryf
    as die hartseer oor jou toesak
    soos die skemer in jou lyf
    Dis die najaarsreën wat uitsak
    oor die droogte in jou siel
    as die seer van jou verlede
    jou[…]

  • Ek het ‘n stukkie sonskyn
    uit die somertyd bewaar,
    dit in ons storieboek gepars
    net soos ‘n blom se blaar
    en toe dit koud word in jou siel,
    en alles om jou grys en vaal,
    het ek ons storie oopgemaak
    en wee[…]

  • Ek pluk ‘n lelie in die vlei
    en my hart verlang na jou,
    ek pluk ‘n bossie songeel madeliefies
    vol druppels van die vroeë more dou,
    ek sien die blou-blou berge
    en ek wonder waar’s jy nou
    ek kyk oor wye oseane[…]

  • Viooltjie lewer kommentaar op u pos, liewe aarde 3 maande, 1 week gelede

    Baie goeie werk. 😊

  • Ek wou jou bel.
    Dit was twee-uur in die middag
    en ek wou jou bel.
    Of ’n stempos stuur.
    (Moet stilte dan ’n leeftyd duur.)
    Laat daardie aand sou ’n dikkop skree
    en eenbeen op my werf kom staan.
    Die suiderkruis en an[…]

  • Laai meer