-
Caren Kearley wrote a new post, Liefde (goud) 2 dae, 8 ure gelede
Kan ek vir jou skryf
met ses en twintig letters
ek is lief vir jou.© Februarie 2021 Caren Kearley
Kopiereg voorbehou -
Caren Kearley wrote a new post, TOEGANG VOORBEHOU (goud) 2 dae, 8 ure gelede
Laat jou sluier val
as middelaar tot my lyftaal
laat ek verse oor jou ploeg
oor die naak velde
van jou oorbegroeide gedagtes
laat my toe om in jou binnekamer te dans
die warme weerstand van jou duistenis te[…] -
Caren Kearley wrote a new post, ONAANGERAAK 1 maand gelede
As ek vandag êrens in die Kgalagadi park
tussen Hartebees, Wildebeest en Afrika Luiperds
kon sit sommer net so platgat in die stof
sou ek my vergryp aan die wonders van ons land
ek sou vergeet van die Boland[…] -
Caren Kearley wrote a new post, GENOOIDE GAS (goud) 1 maand gelede
Die tafel staan gedek
skarlakenrooi tafeldoek
met ‘n witkant oorhangsel
swart kerse weerskante
toonkleurige lapservette en
silwer messegoed
netjies langs die borde
op die plekmatjies gepak
gebakte s[…] -
Caren Kearley wrote a new post, TRONKBEWONERS 2 maande gelede
Ek het al ‘n vensterbank verprent
geswem op verbode plekke
vreemde lande besoek
in die volmaan verdrink.
Ek het al my ma se hand vasgehou
toe nie een van ons woorde gehad het nie
selfs my vryheid p[…] -
Caren Kearley wrote a new post, SLOTSOM (goud) 2 maande gelede
Dis ‘n andersom man wat haar hand houvas
‘n onweestaanbare vreemdeling
wat in haar bed ontwaak
dis háár mens –
hy lyk bekend
ruik soos kombuis en badkamer
hy leef al lank hier
met sy onbekende lyf
in haar v[…] -
Caren Kearley wrote a new post, HEIL DIE LESER (goud) 2 maande, 1 week gelede
Ek bewonder mense soos jy
wat met oordeel lees
asof jy dit self kon skryf
jý wat daar sit
met jou halfleë mond
vol verlossings letters
en afgeronde text
asof jy weet hoe dit voel
om benoud wakker te raak
met w[…] -
Caren Kearley wrote a new post, Mensmin is baie 2 maande, 3 weke gelede
Ek het nie baie nie,
het ek vandag weer besef,
maar ek kan woorde vir jou omdop
sodat jy saam met my op water kan loop
dit in my eenvoud raam,
terwyl my oë halflyf
deur jou siel sink
my vingers oor jou kortrib[…] -
Caren Kearley wrote a new post, Niemandaland 2 maande, 3 weke gelede
Vat my weg saam met jou
sodat ek nie van binne hoef te sterf nie
vat my na vreemde plekke in jou arms
en laat my hang aan jou warm lippe
vat my terug na tuine vol tinktinkies
swaaie wat wolkver kan strek
of[…] -
Caren Kearley wrote a new post, STILDORS (goud) 3 maande, 4 weke gelede
Ek pluk ‘n vrug
iets soos ‘n apple of ‘n vy
ryp en groen net vir my
en gee dit vir jou
ek kyk hoe gulsig jy eet
oorhonger en vraatsig
– verslind jy alles tussen jou vingers
dit maak my mal
jy is honger en[…] -
Caren Kearley wrote a new post, Soos die see (goud) 3 maande, 4 weke gelede
Moenie weer
woorde oor my gooi
of jou asem stadig
teen my afblaas nie
want hier by die see
moes ek alles vir jou gee
die wind in my hare
die strand op die wand van my hart
‒ selfs die sandbank in my siel
alles m[…] -
Caren Kearley wrote a new post, Oestyd na droogte (goud) 4 maande, 1 week gelede
Het ek my verbeel
of het jou kruiphand
my middel omsingel
— jy my lyf lankenlangs
nader getrek tot duskant jou horisongrens
diep verby jou ongetemde binnewand
het ek my verbeel
of het jou woorde te swaar g[…] -
Caren Kearley wrote a new post, Ek wil lewe (goud) 5 maande gelede
Vat my enige plek saam met jou
enige plek weg van hier
enige plek waar vergeet kan verlig
‘n plek met purper plesierighede
soos in die mik van jou arms
of oor die heuwels van jou heupe
waar jou hande veilig oor m[…] -
Caren Kearley wrote a new post, Metafoormens 5 maande gelede
Ek het gisteraand aan die slaap geraak
in ‘n sterrebed met jou hier aan my sy
ons het soos dryfsiele in jou bed gesweef
‘n hele nag later wakker geword en geweet
die lakens tussen ons is te dik
die kamer ruik na[…] -
Caren Kearley wrote a new post, METAMORFLOOS (goud) 6 maande, 2 weke gelede
môre stap ons weer
oor ‘n onbekende pad
saam met bekende
vreemdelinge
verby ongedefinieerde oomblike
deur ‘n woud vol sekelbos en doring takke
en luister na ongehoorde klanke
saam met jakkals, klip en ander noma[…] -
Caren Kearley wrote a new post, Binnedisse 6 maande, 2 weke gelede
sag sluip dit deur jou are
jaar na jaar
dieselfde bloed
in dieselfde mense
met ‘n hartklop, ‘n asem
en duisende drentelente gedagtesbuite buig almal al te graag saam
jy verduidelik
hoekom dieselfde men[…] -
Caren Kearley commented on the post, EK IS – (goud) 6 maande, 3 weke gelede
Baie dankie vir jul kosbare komplimente.
-
Caren Kearley wrote a new post, EK IS – (goud) 7 maande gelede
Ek is die seemeeu; speels in die wind
ek is die brander wat met laagwater hoog wil vlieg
en soms is ek die klank van jou stem
ek is die aand saam met jou onder die palms
toe ons nog kon lag en borrelhartig[…] -
Caren Kearley wrote a new post, God se stem 8 maande, 1 week gelede
(goud)
Ek is nie die applikant in die skrywe nie
ook nie die regter nie
maar as ek so om my kyk
sien ek ‘n toekomslose môre
een vol dongas en dae sonder name
een soos vandag
wanneer ek sielstil wens dat ek God se[…] -
Caren Kearley wrote a new post, Ontsnapping 8 maande, 1 week gelede
(goud)
Ek lê in my armbuurt
saam met ryk mense
en ek hoor hoe baldadig
hulle in oorvloed lag en rondval
dronk gesuip aan hul eie ego’s
al wat ek wil doen is op die rug
van ‘n wilde perd spring
‒ verkieslik ‘n blo[…] - Laai meer