Jongste aktiwiteit:

L’Agulhas

Op Struisbaai se kaai
lê skuite vas aan my geanker,
damarasterretjies sweef anderkant die branders
tot waar swarttobies waak oor die duine-
kleef my hart vas aan jou
ek wens dat ek,
saam die noorkapper kon dans
saans onder die lig van jou toring,
ek wens dat ek,
my corpus soos skeepswrakke
aan jou kus kon offreer
en oor jou diep blou see kon skree,
saam die suidste-suide-wind.

©Morné du Preez




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed