Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker
Taal waarskuwing*

Titel: Labirint

Deur Theresa Postma
Datum gepubliseer: 18 Januarie 2020 Aantal woorde: 136 128 Kere gelees 1

Brons

My lief,
aan die weskus loop die snoek in donker figure,
het winter weer gebeur.
Soos daardie dag is die see onderstebo,
onthou jy nog?
Onderstebo, met wolke soos bokkoms geryg
aan ‘n grou hemel waaruit vonke waai.
Jou oë se sagte kniel het ons liefde gehou
maar in die trap en steier van die storm
was die einde
van jou reis.
Nou sit alleenheid soos growwe sout vas aan my
gaan ‘n tweespoorpad tussen ons.
Ek luister en luister,
verbeel jou voel-voel treë op soek na
ons geborge ruimtes.
Volg die spoor van die sonkwasriet, my lief,
hoor die wind wat sweef met die grootmalmok –
dit dra jou naam dra jou naam…
Kom nader my lief, kom deur die gange van branders
en vind my, vind my in die middel
van hierdie labirint.




TEMAS
3 Kommentaar
  1. Anze

    20 Januarie 2020

    Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Januarie 2020 projek

  2. Tearlach

    21 Januarie 2020

    Pragtige gedig. Ek hou daarvan.

  3. Theresa Postma

    21 Januarie 2020

    baie dankie, ek waardeer dit baie dat jy die gedig lees en daarvan hou

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 5
Kommentaar telling: 2

Tans is ek 'n praktiserende prokureur te Pretoria wat in skuldberadingsake spesialiseer. Gedurende 2019 woon ek die ATKV skryfskool te NWU by. Verder is ek net 'n persoon met 'n liefde vir Afrikaans en woorde.

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 118 gaste aanlyn

Bydrae Totale