Jongste aktiwiteit:

Laatherfs in Stellenbosch

wyl witstamberke se blare geel raak,
die druif se blad tot roesbruin kom

die berg se piek so effe skuins leun,
geëts teen blou en amperwinterson –

pryk amber akkerbome
so laatherfs loofverlore,
staan straathoek bedelaars
in komberse toegemaak

en weerklink deur endlersale*
sang in vele tale
– word pepermossies*
uit nuwe monde hergebore

© Carma Shaw
22 Mei 2017

*endlersale – verwys na die Endlersaal in die Konserwatorium op Stellenbosch Universiteits kampus

* pepermossies – verwys na Laurika Rauch se liedjie ‘Vir ‘n pepermossie’




Ek skryf grotendeels gedigte vir ontspanning. Ek skryf graag oor die natuur, mense en hul stories en plekke wat ek besoek het. Ek doen dikwels 'n bietjie navorsing oor 'n onderwerp voor ek skryf, want ek geniet dit om te leer. Ek hoop altyd om darem 'n emosie of twee wakker te maak met dit wat te sê het, en dat julle lekker saam sal lees :-)

1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed