Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: laat oes

Deur Tearlach
Datum gepubliseer: 3 April 2020 Aantal woorde: 70 32 Kere gelees 1

met die eerste tekens
van die komende winter
dwarrel daar nog ‘n laaste
klompie blare oor my duin
te min om strand te bereik
net genoeg om ‘n teken
van komende koue
te wys

in rype ouderdom
begin mense soms eers
om hul ware kleurvolle blomme
aan almal om hul te vertoon
die wat vroeg rypheid wys
verdroog in herfs kleure
laat oes blomme
is net so mooi

©Teárlach




TEMAS

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 822
Kommentaar telling: 117

Gebruikers Aanlyn

2 Lede, 74 gaste aanlyn

Bydrae Totale