Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Laat lente in die Kaap

Deur Palet
Datum gepubliseer: 13 November 2019 Aantal woorde: 998 65 Kere gelees 2

The Shangri- La Paris, lê in die hartjie van die stad Parys, en het ‘n mooi uitkyk op die Eiffel toring. Met sy ellegante boustyl wat insmelt in oud en moderne kuns vol glinster. Veronica Rousseau ‘n Franse lugwaardin boek haar in vir die nag voor haar vlug die volgende aand na Kaapstad.

By die eetsaal sit sy regoor ‘n groep mans almal in deftige swart pakke geklee, sy word vriendelik gegroet met ‘n oogknip deur een van hulle. Sy voel half ongemaklik en groet vinnig terug, neem ‘n slukkie van haar Lefkada droë rooiwyn. Na ‘n rukkie staan een van die mans op en gaan maak ‘n oproep buite op die balkon. Hy is besig met ‘n baie ernstige gesprek en Veronica besluit om nader te staan, sy het soveel moontlik inligting nodig vir die polisie.

“Good evening mam, may I offer you a drink.”

Veronica maak of sy hom nie hoor nie en gaan terug na haar tafel toe. Sy bestel iets om te eet, en die waiter skink haar glas weer halfvol wyn.

Sy kan nie help om ‘n groot deel van hul gesprek te volg nie, min wetend dat sy wel Spaans kan verstaan. Sy lei af dat dit ‘n mafia bende is wat besig is met een of ander groot komplot gemik teen die Bröhan kuns museum in Berlyn. ‘n Waardevolle skildery wat hulle in die oog het moet teen middernag gesteel word.

“Good evening Sir, may I please speak to your manager,” vra sy beleefd.

“Sure Madam I’m calling him for you,” antwoord die waiter vriendelik terug.

“Hope everthing is fine with the meal?” vra hy ergter in ‘n benoude stem.

“No complaint Sir, just a matter of privacy.”

Die bestuurder kom na haar toe aangestap, sy vra of hulle in meer privaatheid kan gaan gesels.

“Sir, I heard that that group of men sitting there at table 6 are busy making plans to steel a art piece tonight at midnight in Bröhan museum in Berlyn.”

“Thanks madam for this valuable info, I call the police immidiately, may I have your details please.”

“No Sir I prefer to stay anonymous for satefy reasons.”

Die volgende dag loop Veronica verby ‘n koerant stalletjie en haar oog vang die hoofberrig.

VIFE MEN ARRESTED LAST NIGHT AFTER 24HOO IN BRÖHAN MUSEUM IN BERLYN STOLEN A MASTER PIECE OF ART.

Sy gaan staan onder ‘n straatlampie en wag vir ‘n taxi, dit begin reën en sy gaan soek skuiling oorkant die straat by ‘n koffiekroeg. Sy bestel ‘n espresso, na vyftien minute begin die reën effens opklaar. Sy betaal en is net betyds  vir die volgende taxi.

“Please take me to the airport sir, my flight is  in an hour.”

Langs haar sit ‘n lang donker man, hy groet haar beleefd en stel homself voor.

 

“Frans Roux, bly te kenne. Lyk my ons is oppad na dieselfde bestemming, hoop ons gaan betyds wees die reën is nou nie juis ten gunste van die verkeer nie.”

 

Veronica is heel verbaas dat die man Afrikaans praat, ma met ‘n franse aksent, en skielik voel sy heel gemaklik met hom. Baie aangenaam en ordentlik, beslis iemand wat in hoë kringe beweeg. Sy kan aflei dat hy al jare in Europa woonagtig is, sy voorkoms getuig daarvan.  Sy donker hare en smal snor laat hom baie aantreklik lyk, hy het ‘n aktetas op sy skoot en kyk deur die dokumente.

By die lughawe help hy haar met haar reistas, hulle is net betyds vir die vlug. Sy en Frans het baie in gemeen, hy is ‘n ryk sakeman wat wynplase in Frankryk besit. Sy oupa is onlangs oorlede en hy het sy plase in Franshoek geërf, meeste van sy familie is in die Kaap.  Hy het al sy plase in Europa verkoop en gaan nou voltyds in die Kaap boer.

“Veronica ek sal jou op hoogte hou, sodra jy ook permanent terug is in die Kaap dan wil ek jou graag beter leer ken.”

“Dankie Frans ek sien uit daarna, dis amper Desember dan kom ek. Ek is baie bly ek het jou ontmoet, ek glo ons gaan ‘n baie spesiale tyd saam hê.”

Frans het haar van sy wynplase gaan wys, sy oupa sal trots wees op hom om die Roux’s se naam hoog te hou. Veronica kan sien dat hy ‘n passie het vir wyn, en ‘n groot sukses sal maak van sy oupa se laaste wens.

Dit was ‘n wonderlike paar dae saam hom, sy kan nie wag om ook ‘n nuwe begin met aangename vooruitsigte haar weer in die Kaap te vestig nie.  Sy is gereed om weer liefde te vind, om haar lewe te deel met ‘n man wat inbors en intergriteit het. Ambusie was nog altyd belangrik vir haar, na ‘n mislukte eerste huwelik het sy genoeg gehad van iemand wat net wil slaplê, ‘n rykman wat doelloos al sy geld uitgemors het. Dit was ‘n rampspoedige huwelik, van die spanning het sy ‘n miskraam gehad. Na haar skeisaak het sy besluit om voltyds ‘n lugwaardin te word, en haar in Parys te vestig.

Die volgende dag neem Frans haar lughawe toe, hy gee haar ‘n drukkie en wens haar ‘n veilige vlug toe.

“Dankie Frans, ek sal jou laat weet sodra ek land in Parys.”

Dit voel of ‘n deel van haar hart agterbly, maar dis nog te gou om so te voel. Daar moet nog baie water in die see loop, maar haar hart sê vir haar dat sy nie ‘n fout gaan maak nie. Sy hou van Frans hy’s al’s wat sy van gedroom het, iemand om ‘n pad mee te loop einduit.

Sy draai om en stap weg, maar sy weet dat Frans Roux vir ‘n rede haar pad gekruis het. Tyd sal leer in watter rigting die verhouding gaan groei, dalk haar lewensmaat en sy glimlag met die gedagte dat die laat lente ontmoeting ‘n baie spesiale somer gaan wees.

 




TEMAS
1 Kommentaar
  1. Anze

    14 November 2019

    Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die November 2019 projek – Laat-lente

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 367
Kommentaar telling: 351

Waar die see en die horison ontmoet, sal die gedruis van die oseaan in die suis van die wind stil raak.. Dis hier waar my drome my woorde in die binnekant van my siel kom lӗ  

Gebruikers Aanlyn

2 Lede, 128 gaste aanlyn

Bydrae Totale