Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Laat lente (brons)

Deur morne du preez
Datum gepubliseer: 5 November 2019 Aantal woorde: 103 41 Kere gelees 2

Ek het myself geblik in jou laat opsluk
jou fynbos en dwarrelwind verstik
sonder A.Vogel met ‘n snotdoek
agterstevoor aan die onderkant van ‘n donderwolk verloor

maar jy wou van niks weet
jy wou aanhou-aan kou
en my in jou blommelyf versteen
en sonnebrilletjies vir jou lente verruil

die hooi is jou koorsige woorde
onder die geel van die son
en jou trane jou vingers
wat om my geblikte lyf weef

en as ek maar soos ‘n tortelduif kon sweef
sou ek sweerlik oor jou lyf sweef
na waar ek myself gebonde lê
aan jou laat lente reën

©Morné du Preez




TEMAS
4 Kommentaar
  1. Anze

    5 November 2019

    Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die November 2019 projek – Laat-lente

  2. Seirdna

    5 November 2019

    Beautiful Morne

  3. Marsofine

    5 November 2019

    Morne, hunkerend mooi

  4. morne du preez

    6 November 2019

    Dankie Andries en Marsofine vir jullesaam lees ek waardeur dit.
    Ek sien uit om my volgende weergawe van laat lente te doen.

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 68
Kommentaar telling: 43

n dromerkind van oud nuut in skryfkuns maar die woorde hou my snags wakker,kunstenaar. Leser,loper advontuurus,hengelaar. ek hou my asem op om die hemel te kan vind waar ek nie anders is nie maar een wat nie anders is as ek myself nie.

Gebruikers Aanlyn

2 Lede, 163 gaste aanlyn

Bydrae Totale