Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker
Taal waarskuwing*

Titel: Laat lente

Deur Adri Theron
Datum gepubliseer: 30 November 2019 Aantal woorde: 72 35 Kere gelees 2

Jy bars uit jou nate;
baldadige uitbarsting van kleur
uitspattig en oordadig
wonderskoon in volle fleur.

‘n See van oorvloed,
onbeheers; oorrompelend.
Jy sleur my mee en ek staar
oopmond; bewonderend

na die polsende skoonheid;
die volheid en volmaaktheid
wat jy voortbring; die wonder
van die skepping in sy volheid.

Hoog bou dit op – tot hoog,
hoog verby die verste kim
bars jy uit in spektrum van
kleur en skone hersenskim.




TEMAS
2 Kommentaar
  1. Anze

    2 Desember 2019

    Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die November 2019 projek – Laat-lente

  2. Adri Theron

    2 Desember 2019

    Baie dankie Anze – dit is ‘n voorreg om te kan deelneem.

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 1
Kommentaar telling: 1

Ek het grootgeword op 'n plaas in die Ellisras (nou Lephalale)-omgewing. Ek het my skoolloopbaan in Ellisras Laerskool begin en uit Hoërskool Ellisras gematrikuleer, waarna ek 'n BA Tale-graad by RAU (nou UJ) voltooi het. Na drie jaar in die onderwys het ek by Suidwes Landbou aangesluit waar ek vir 25 jaar lank verantwoordelik was vir hul kommunikasie – hoofsaaklik die tydskrif "Ons Eie" en die personeelnuusblad "Esprit de Corps". In dié tyd het ek my Honneursgraad in Bedryfsielkunde aan UNISA voltooi. Na 'n paar jaar op ons plaas buite Klerksdorp, het ek by Infoworks aangesluit waar ek verantwoordelik was vir verskeie klein en groot projekte, waaronder landboumaatskappye se jaarverslae en die redigering van "SA Graan", Graan SA se nasionale tydskrif. Vir die afgelope paar maande doen ek hoofsaaklik vryskutwerk.

Gebruikers Aanlyn

1 Lid, 91 gaste aanlyn

Bydrae Totale