Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Laaste swaai na swart

Deur Charleine
Datum gepubliseer: 5 Desember 2018 Aantal woorde: 203 28 Kere gelees 1

Ek is moeg vir debat
en ek haat stry,
maar swart bly soort van
magic vir my.

‘ n Swart dier is spesiaal.
My groenoog kat het in my hart gebly,
al was die die res
van hom onsigbaar (hoe creepy),
was hy pragtig en goud verby.

Hoekom is ‘n pikswart blom
vir kwekers die heilige graal
as daar geen nut of prag of glorie
uit die skepping van ‘n swart blom straal?
O, die geheimenis van ‘n egte roos
wat geen mens kan sien nie!

Dan die grasie van ‘n koning –
‘n pikgiet swartluiperd
wat slegs deur sy glans sigbaar is
in ‘n boompaleiswoning.

Daar’s die fynste swart skoenlappers
versteek vir die mens se oog,
maar ons kan ons tog verbeel
dat hulle tussen takkies vloog.

Die helfte van ‘n panda of pikkewyn
bly in die niet verdwyn.
Reuse gorillas is kleurloos in die mis.
Dis hoekom ons dink dat alles uitsterf –
ons bly hul sintuiglik uitwis!

Swart is nie ‘n kleur nie, maar swart is.
Dis betowering, ‘n aura, elegansie,
absorbsie, ‘n groot geheimenis.
Dit beklemtoon, wys en vertoon
en daar’s min wat so seksie
soos satynswart is!

© Charleine Collins 5 Desember 2018

Fotos: My Bella (deur Madelie); http://za.pinterest.com




  • TEMAS

    Laat u kommentaar

    GESKRYF DEUR

    Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

    Publikasies: 38
    Kommentaar telling: 31

    Gebruikers Aanlyn

    0 Lid, 34 gaste aanlyn

    Bydrae Totale