Jongste aktiwiteit:

kus

winter maak my duin koud
elke jaar word die sand dikker
die duin steiler om te klim

ver oor baai verf berge blou
kalm waters lê soos spieël
buite raas golwe ver oor kim

baie verder noord lê riviere
geskiedkundige riviere van kus
hier in suide sit volk en rus

vandag vertel my duin ‘n storie
van mense lank gelede en hul glorie
eers fynbos geken het, nou veld

sweef ek oor verre blou berge
sien ek die groen valleie
bruin water strome en rotse

in klowe staan hartbees huisie
op bank gelyk gemaak met osse
water gebring met water draers

lê daar wit bene vlak toegegooi
ploegvoor van verre verlede
bittereinders hulself geoffer het

al wat oor is – is reuk van fynbos
reuk van seegras wat verrot
drolpeerblom-reuk uit skoorstene

daartussen groei daar net wit huise
inwoners almal van ver af gekom
hier kom kamp en woon in kluise

ontwaak jy op die duin
lewe laat nie toe om te versuim
stap regop en lag sag

©Teárlach




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed